wordpress visitor
Geskiedenisbewusmakingsgeleentheid in Pretoria - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

Geskiedenisbewusmakingsgeleentheid in Pretoria

Kommentaar (0)

30/08/12

· Redaksie

Op 12 September 2012 om 17:00 word te Pretoria ’n bewusmakingsgeleentheid van die Afrikaner-geskiedenis aangebied as 'n gesamentlike inisiatief van die Instituut vir Geskiedenis en Kultuur (IGK) en Suidland Media.  Die bestuurder van Suidland Media, Frikkie Strauss, sê: “Daar is vandag in Suid-Afrika 'n duidelik-georkestreerde en meedoënlose aanslag wat daarop gemik is om die geskiedenis van die Afrikanervolk te verduister en te verdraai ten einde ons af te sny van die wortels van ons volksbestaan.  Die einddoel daarvan is die totale uitwissing van ons volk.  Iemand het gesê dat die geskiedenis die wapen is waarmee die oorwinnaar die oorwonnene in ewigdurende knegskap wil hou.  Terselfdertyd is die geskiedenis vir die oorwonnene 'n vesting van die waarheid van waaruit hy homself moet  kan handhaaf en die toekoms betree.  Die doel van hierdie geleentheid is om Afrikaners tot die behoud van hierdie vesting te bemagtig.” Tydens die geleentheid sal Suidland Media sy reeks van ±70 historiese DVD’s en CD’s deur middel van die vertoning van grepe daaruit bekendstel en te koop aanbied.  Terselfdertyd sal uitgewers en filmvervaardigers hulle historiese boeke en DVD’s vertoon en te koop aanbied.  Instansies wat betrokke is by die bevordering van ons geskiedenis sal hulle aktiwiteite bekendstel en historici en uitgewers van geskiedkundige boeke sal ook genooi word om daar te wees.  Inligting en roete-aanwysings is beskikbaar by www.suidland.com.  Navrae aan Frikkie Strauss by 082 493 3785.

Kategorie: Erfenis

Lewer kommentaar op hierdie berig

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

In die nuus

Gesprekke aan die gang

23/05/13 om 03:45:47

Entrepreneurskap as teenvoeter vir werkloosheid

Piet Mulder sę:

"Pragtige idee, maar ek weet van verskeie families wat hulle eie besighede b..."


23/05/13 om 12:03:55

Nuwe boek oor slawe in SA geskiedenis

Jaco de Beer sę:

"Interessant dat dit juis die Engelse was wat probeer het om die "slawe" eti..."


23/05/13 om 03:13:42

Verpolitisering van onderwys

Ben Hayes sę:

"Die derduiwel van apartheid .... as die kalwers die koeie uitsuip omdat on..."


23/05/13 om 01:52:43

“Regstellende” wette ondermyn werkskepping

C. Visser sę:

"Daar is baie ander redes vir werkloosheid. In ons dorp dien verpleegperson..."