Uittreksel uit Nuus op kampus van die Universiteit van die Vrystaat
Kommentaar (1)
30/08/12
· Redaksie
Die uitdaging is om die kloof van ‘andersheid’ te oorbrug
“Dit is baie moeilik om ’n besluit te neem en dan by die besluit te hou oor met wie versoen moet word en wie die versoening moet doen,” het die joernalis en skrywer Christi van der Westhuizen tydens een van UFS101 se Free Talk-sessies op die Bloemfontein-kampus gesê.
UFS101 is ’n verpligte kursus vir eerstejaarstudente aan die universiteit. Ander gaste wat aan die gesprek deelgeneem het, is prof. Pumla Gobodo-Madikizela, Senior Navorsingsprofessor in trauma, vergifnis en versoening, en prof. Hussein Solomon van die Departement Politieke Studie en Regeerkunde.
Die tema van die bespreking was “God en Versoening”, met omstrede onderwerpe soos “Verdraagsaamheid en die skuif na aanvaarding en insluiting”, “Moslem-fundamentalisme in Afrika” en “Genesing van die wonde van die verlede met behulp van religieuse taal”.
Christi, skrywer van die boek “White power and the rise and fall of the National Party”, het beklemtoon hoe die nasionale volkslied van die apartheidsera, “Die Stem”, assosiasie van die Christendom met wit-wees en beskawing bevorder het. Sy het geredeneer dat die voortdurende herhaling van “Die Stem” by talle geleenthede ’n proses van die ontmensliking van die self en die objektivering van die ander gekonstrueer het. Hierdie “andersheid of anders-maak” het toegelaat dat mag die verskille tussen mede-Suid-Afrikaners gestigmatiseer het.
Die uitdaging waarmee Suid-Afrikaners tans gekonfronteer word, is hoe om aktief ’n brug te bou om al hierdie “ander” te bereik wat tydens die apartheidsera ontstaan het.” – Salomé Maritz
Wat sê ons lesers oor hierdie berig?
Sakkie van der Merwe - 31/08/12 om 07:38:36
Net snaaks dat Nkosi Sikelele niks gedoen het om hierdie sg. brug te bou nie. Inteendeel vind daar meer moorde, verkragtings ens plaas as wat daar ooit in die sg. apartheidera plaasgevind het. Maar weereens moet die beskaafde witmens askies vra vir die barbaar wat doodmaak !
Lewer kommentaar op Sakkie van der MerweLewer kommentaar op hierdie berig













18/05/13 om 01:12:38
Nuwe Smouswet gekheid
jaap sę:
"Die wet is strydig met die grondwet en daarom ongeldig. Die grondwet bepaal..."
17/05/13 om 11:30:12
Vrystaat Stadion meer leefbaar
J.Meyer sę:
"Solank daar drank te koop aangebied word,en duidelik besope mense toegelaat..."
16/05/13 om 10:02:15
Nog twee plaasaanvalle
Barend Kruger sę:
"Nee, dit moet tot Volksmoord status gedryf word want dit is presies wat dit..."
17/05/13 om 08:28:45
Onrusbarende berigte
FRans Malherbe (Skuilnaam sę:
"Stem saam met Olivier.
Gee my die coordinate, dan kyk ons daarna me..."