VF Plus oor Mangaung dagvaarding van R43,6 miljoen
Kommentaar (0)
30/08/12
· Redaksie
N.a.v. die nuus dat Mangaung Metro Munisipaliteit (MMM) vir MNK Consultants dagvaar vir R43,6 miljoen oor BTW en dienskommissie in dispuut, sê Johan Powell van die VF Plus in die Stadsraad in ’n mediaverklaring: “Die ANC moet volle verantwoordelikheid aanvaar vir besluite wat deur hulle kaders in die stadsraad gestoomroller word. Die aanstelling van Sandile Msibi as munisipale bestuurder moes nooit plaasgevind het nie. Nadat hy twee vorige munisipaliteite die afgrond in bestuur het, het die ANC hom beloon met bevordering tot munisipale bestuurder van Mangaung Munisipaliteit. Ook hier het hy alles in totale chaos gelaat en is daarna weer bevorder tot Hoof van die Vrystaatse Dept. van Polisie, Paaie en Vervoer. Dit is onaanvaarbaar dat tenders nie ingewin is nie en dat Msibi toegelaat is om so ’n kontrak met MNK aan te gaan. Dit is absurd dat die kommissie op 24% vasgestel is en daarna na 50% verhoog is. Die feit dat ’n vorige Vrystaatse sekretaris van die ANC en amptenaar van Mangaung, Sibongile Besani, ’n lid van MNK geword het, wys maar net weer hoedat die ANC vir sy kaders sorg. Die feit dat die Metro se amptenare nie self die funksies kon verrig wat aan MNK gekontrakteer is nie, bevestig die Ouditeur-generaal se bevinding dat 83% van amptenare van munisipaliteite in die Vrystaat nie oor die nodige vaardighede beskik om hulle werk te doen nie. Die rede hiervoor is dat alle kundigheid uit munisipaliteite verwyder is deur regstellende aksie. Msibi moet in sy destydse hoedanigheid as rekenpligtige beampte persoonlik verantwoordelik gehou word vir hierdie chaos waarin die Metro hom bevind.”
Kategorie: Dienslewering
Lewer kommentaar op hierdie berig













16/06/13 om 11:29:33
“Parlement laat mense in die steek”
Izak du Toit sę:
"Is die parlement net bymekaarkom plek vir "slapende obuus"lede van ons ANC ..."
16/06/13 om 11:15:17
Sasol miljarde rand uit die sak
Izak du Toit sę:
"Is dit maak ook ons belastinggeld wat aangewend word vir brandstof wat ons ..."
16/06/13 om 11:10:12
Beweerde Libiese miljarde vir wapentuig
Izak du Toit sę:
"So ons ondersteun nou ook Al Quada- en hoeveer van die R na Zuma en sy Anc ..."
12/06/13 om 11:04:56
Ditsem: Naamsaanpassing
C P du Toit sę:
"Maak absoluut sin. Die naam dek nou ons hele land se nuus en dinge.
..."