Afrikaans by UJ laaste stuiptrekkings
Kommentaar (1)
30/08/12
· Redaksie
Die jongste aanduidings is dat Afrikaans as onderrigtaal aan die Universiteit van Johannesburg (UJ) besig is om sy laaste stuiptrekkings te gee. Die Randse Afrikaanse Universiteit (RAU) was die voorloper van die UJ, toe dit in 1967 met 700 studente in Johannesburg begin is, met Afrikaans as voertaal. In 2005 het die karakter van RAU ingrypend verander toe dit met die Technikon Witwatersrand en die Soweto- en Oos-Randkampus van die Vista-Universiteit saamgesmelt het om die Universiteit van Johannesburg te word. Tans is die UJ met sowat 48 000 studente een van die grootste universiteite in die land en het dit vier amptelike tale. Engels, Zoeloe, Afrikaans en Sotho. In praktyk het die gebruik van Afrikaans en die aantal Afrikaanse studente drasties afgeneem. In 2011 was daar slegs 1 500 Afrikaanse studente oor op die universiteit. Soos een dosent pas in ’n UJ-klas aan die studente gesê het: “Die fakulteit het besluit dat, ter wille van dosente se werkladings en ander oorwegings, dit nie die moeite werd is om met die Afrikaanse klasse in hierdie vak voort te gaan nie – die getalle het in vier jaar gedaal van 180 tot 55, terwyl die Engelse groep se getalle gestyg het van 200 tot 800. Engels is daarom voortaan die onderrigtaal vir hierdie vak.”
Kategorie: Afrikaans
Susan - 30/08/12 om 09:27:00
Ek is 'n hoofuitvorendebeampte by 'n staatshospitaal en het onlangs 'n skrywe aan 'n sekere prof ....... Gerig wetende dat hy Afrikaans is maar met my gedeel het in Engels. Dis deur sulke persone dat ons taal doodgaan. My hart is stukkend oor sulke gebeure.
Lewer kommentaar op SusanLewer kommentaar op hierdie berig













18/05/13 om 01:12:38
Nuwe Smouswet gekheid
jaap sę:
"Die wet is strydig met die grondwet en daarom ongeldig. Die grondwet bepaal..."
17/05/13 om 11:30:12
Vrystaat Stadion meer leefbaar
J.Meyer sę:
"Solank daar drank te koop aangebied word,en duidelik besope mense toegelaat..."
16/05/13 om 10:02:15
Nog twee plaasaanvalle
Barend Kruger sę:
"Nee, dit moet tot Volksmoord status gedryf word want dit is presies wat dit..."
19/05/13 om 06:27:41
Onrusbarende berigte
Carries sę:
"Is daar iemand wat hierdie ko-ordinate kan verskaf ???..."