wordpress visitor
AfriForum takel Zim-vergrype - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

AfriForum takel Zim-vergrype

Kommentaar (1)

30/08/12

· Redaksie

As deel van hul SAOG-Burgerregteplan is AfriForum tans besig verskeie gevalle van menseregtevergrype in Zimbabwe te ondersoek met die oog op protes- en regsaksies. In September 2009 het AfriForum ’n suksesvolle veldtog teen die Switserse suiwelmaatskappy, Nestlé, gevoer nadat dit aan die lig gekom het dat Nestlé melk aankoop van ’n plaas wat deur Grace Mugabe, vrou van Robert, van ’n wit kommersiële boer afgeneem is. Ná ’n uiters suksesvolle drie dae van internasionale veldtogvoering op sosiale media, het Nestlé egter besluit om sy aankope van “bloedmelk” te staak. AfriForum se Ondersoekeenheid ondersoek nou bewerings van soortgelyke betrokkenheid van internasionale finansiële instellings en kommoditeitsmaatskappye by korrupte bedrywighede in Zimbabwe. Dit het bv. onlangs bekend geword dat Mugabe se ZANU-PF in 2008 'n omstrede lening van $100 miljoen (ongeveer R800 miljoen) van 'n groot Amerikaanse institusionele belegger ontvang het. Die lening het gehelp om Zanu-PF se veldtog van brutale onderdrukking in die bloedige 2008-verkiesing te finansier en is moontlik gemaak deur die New York-gebaseerde Ag-Ziff Capital Management Group. Ag-Ziff is op die New Yorkse aandelebeurs genoteer en staan onder die streng reëls van die Amerikaanse Securities Exchange Commission (SEC). Voorts word die moontlikhede ondersoek dat Zimbabwiese politici, wat voordeel getrek het uit die grondgrypprogram, hulle skuldig gemaak het aan ’n reeks vergrype wat in die Statuut van Rome, waartoe Suid-Afrika ’n party is, verbied word. Aangesien Suid-Afrika ’n party tot die Statuut van Rome is, is die Nasionale Vervolgingsgesag verplig om klagtes te ondersoek van misdade teen die mensdom wat deur die statuut verbied word.

Kategorie:

Johann Marx - 30/08/12 om 10:01:46

Wanneer gaan ons sien dat Afriforum ook begin kyk na "menseregte vergrype in SUID AFRIKA" met die oog op regs-aksies en protes-optogte? Eenvoudige voorbeeld: Seksie 184.2(b) van die Konstitusie "verplig" die menseregte kommissie om namens slagoffers te beding vir restitusie en kompensasie waar 'n persoon se regte geskend is. Die MRK kan hierdie "verpligting" vinnig uitleef waar dit kom by bv. vier werkers wat vrywilliglik in 'n studente video op die Kovsie kampus verskyn het.....maar hoor ons iets wanneer NOG 'n plaasmoord 'n boer eis...en sy familie sonder 'n man, pa, broer, kind, broodwinner, werkskepper moet agterbly...en probeer sin maak uit 'n onmenslike tragedie uit...terwyl hulle 'n "rekening" ontvang vir boedelbelasting.....nadat die regering in gebreke gebly het om die oorledene se lewe te beskerm? Elke vermoorde persoon in Suid Afrika en sy gesin en familie behoort vir alle praktiese doel-eindes kwytgeskeld te wees van enige vorm van boedel en of gewone belasting vir die res van hulle natuurlik lewe. As die regering wil aanspraak maak op ons boedelbelasting, behoort hulle ons aan die lewe te hou totdat ons op 'n natuurlik manier tot sterwe kom. Hoe lyk dit Afriforum? Kyk julle ook hierna? Daar is 'n regsbeginsel wat lui: Hy wat sy ouers vermoor verloor die reg om te erf!!!....maar die regering laat toe dat ons vermoor word, en "erf" ons boedelbelasting!! Wanneer kan ons 'n Afriforum aksie hieromtrent verwag, Mnr Kriel????

Lewer kommentaar op Johann Marx
Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):

Lewer kommentaar op hierdie berig

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

In die nuus

Gesprekke aan die gang

16/06/13 om 11:29:33

“Parlement laat mense in die steek”

Izak du Toit sę:

"Is die parlement net bymekaarkom plek vir "slapende obuus"lede van ons ANC ..."


16/06/13 om 11:15:17

Sasol miljarde rand uit die sak

Izak du Toit sę:

"Is dit maak ook ons belastinggeld wat aangewend word vir brandstof wat ons ..."


16/06/13 om 11:10:12

Beweerde Libiese miljarde vir wapentuig

Izak du Toit sę:

"So ons ondersteun nou ook Al Quada- en hoeveer van die R na Zuma en sy Anc ..."


12/06/13 om 11:04:56

Ditsem: Naamsaanpassing

C P du Toit sę:

"Maak absoluut sin. Die naam dek nou ons hele land se nuus en dinge.
..."