AfriForum SAOG-burgerregteplan
Kommentaar (0)
30/08/12
· Redaksie
In ‘n mediaverklaring sê Willie Spies, regsverteenwoordiger van AfriForum: “Leiers van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) het die naweek van 18 en 19 Augustus 2012 ’n skokkende besluit in Maputo, Mosambiek, geneem om burgers van SAOG-lande van hul reg te ontneem om menseregtevergrype voor die SAOG-tribunaal te bereg. Die boodskap wat deur SAOG-leiers die wêreld ingestuur is, is dat SAOG-lande die menseregte-horlosie in Suider-Afrika met drie dekades wil terugdraai en vryhede wat met moeite, arbeid en selfs bloedvergieting verwerf is, nou met ’n politieke besluit ongedaan gemaak word. AfriForum het as deel van sy program om burgerregte en regsoewereiniteit te beskerm, die volgende vyfpunt-aksieplan van stapel gestuur om hierdie kommerwekkende verwikkeling teen te werk: Uitvoering van SAOG-beslissings in Suid-Afrika / ’n Beroep op die Afrika-kommissie en Afrika-hof om teen SAOG-leiers op te tree / Volgehoue druk op die Suid-Afrikaanse regering om sy burgers in buurlande soos Zimbabwe te beskerm / Klagtes by regulerende owerhede teen maatskappye wat menseregtevergrype finansier / Regsaksie by die International Criminal Court. Meer besonderhede by esmarie@afriforum.co.za of Willie Spies by 083 676 0630.
Lewer kommentaar op hierdie berig













18/05/13 om 01:12:38
Nuwe Smouswet gekheid
jaap sę:
"Die wet is strydig met die grondwet en daarom ongeldig. Die grondwet bepaal..."
17/05/13 om 11:30:12
Vrystaat Stadion meer leefbaar
J.Meyer sę:
"Solank daar drank te koop aangebied word,en duidelik besope mense toegelaat..."
16/05/13 om 10:02:15
Nog twee plaasaanvalle
Barend Kruger sę:
"Nee, dit moet tot Volksmoord status gedryf word want dit is presies wat dit..."
19/05/13 om 06:27:41
Onrusbarende berigte
Carries sę:
"Is daar iemand wat hierdie ko-ordinate kan verskaf ???..."