wordpress visitor
Kragkrisis vir SA - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

Kragkrisis vir SA

Kommentaar (0)

06/09/12

· Redaksie

Tydens 'n mediakonferensie in Johannesburg het die Vryemarkstigting (VMS) gesê dat Suid-Afrika 'n enorme kragkrisis op hande het en dat dit nie lyk asof enigiemand besef hoe ernstig dit is nie.
Volgens die VMS is daar tans 'n tekort aan minstens 5 000 MW en instede van beurtkrag instel, koop Eskom krag terug van groot verbruikers sodat dit elektrisiteit beskikbaar het vir die res van die land. Volgens die VMS is dit soos wanneer 'n kleinhandelaar sy klante vra om kos te koop en hulle dat beboet as hulle aanhou koop.
Die Dept. van Openbare Ondernemings het gesê daar sal nie weer beurtkrag wees nie, terwyl die Dept. van Energie 'n hernubare energieprogram ingestel het wat nie 'n duik in die tekort gaan maak nie.
Intussen word die ingebruikstelling van Medupi-kragstasie aanhoudend uitgestel en voorspel kundiges dat dit teen 2014 R130 miljard gaan kos – R77 miljard meer as die aanvanklike begroting. Dit bring voorts vir Eskom 'n inkomsteverlies van sowat R43 miljard mee.
Vir die landsekonomie in geheel word die verlies geraam op R6 450 miljard - gelykstaande aan 129 miljoen HOP-grootte huise oftewel meer as twee vir elke Suid-Afrikaner.
Inmiddels blyk dit dat munisipaliteite landswyd astronomiese bedrae aan Eskom skuld uit syfers wat Eskom ná 'n hofaansoek aan mnr. Jaap Kelder van die Nasionale Belastingbetalersvereniging verskaf het. Van die Vrystaatse munisipaliteite wie se rekeninge by Eskom agterstallig is, sluit in  Ngwathe (meer as R81 miljoen), Mafube (meer as R40 miljoen), Nala (meer as R27 miljoen), Moqhaka (meer as R22 miljoen), Dihlabeng (meer as R11 miljoen en Mangaung (bykans R2,5 miljoen).
Opvallend omtrent die syfers is dat Centlec wat in 2009 die grootste enkele skuldenaar was, onverklaarbaar nie meer op die lys is nie.
Kelder wys voorts daarop dat daar in 2009 altesaam 158 munisipaliteite op Eskom se lys was wat saam R147 miljoen geskuld het, maar tans skuld 46 munisipaliteite R389 miljoen.
Ook opmerklik is dat volgens die lys Soweto sowat R3 miljard aan Eskom skuld - bykans 10 keer meer as al die ander munisipaliteite saam. 

Kategorie:

Lewer kommentaar op hierdie berig

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

In die nuus

Gesprekke aan die gang

18/05/13 om 01:12:38

Nuwe Smouswet “gekheid”

jaap sę:

"Die wet is strydig met die grondwet en daarom ongeldig. Die grondwet bepaal..."


17/05/13 om 11:30:12

Vrystaat Stadion meer leefbaar

J.Meyer sę:

"Solank daar drank te koop aangebied word,en duidelik besope mense toegelaat..."


16/05/13 om 10:02:15

Nog twee plaasaanvalle

Barend Kruger sę:

"Nee, dit moet tot Volksmoord status gedryf word want dit is presies wat dit..."


19/05/13 om 06:27:41

Onrusbarende berigte

Carries sę:

"Is daar iemand wat hierdie ko-ordinate kan verskaf ???..."