Suid-Afrikaners verlaat kerke
Kommentaar (5)
06/09/12
· Redaksie
Volgens ‘n peiling van die Win-Gallup International Religiosity and Atheism Index het die aantal Suid-Afrikaners wat godsdienstig is vanaf 2005 tot 2012 gedaal van 83% van die bevolking tot 64%. Die daling van 19% word net oortref deur dalings in Viëtnam (23%), Ierland (22%) en Switserland en Frankryk (21% elk).
Kategorie: Godsdiens
Dawie Venter - 06/09/12 om 05:13:27
Dalk het die skille afgeval, soos Saulus van Tarsis destyds!
Dit het tyd geword dat die kerke ontbloot word vir wat hulle werklik is, misleiers!
Mag die God van Abraham, Isak en Jakob ons behoed!
Johann du Plessis - 07/09/12 om 07:45:42
As ons na die samestelling van gemeentes in die tradisionele kerke kyk, is dit duidelik dat meeste van die lidmate ouer persone is. Daar is uitsonderings, soos byvoorbeeld die Moreletta gemeente. Die teenoorgestelde is waar in kerke soos die Metro-gemeente in Johannesburg met opkomste van 1000e op Sondagaande. Jong mense soek iets anders. Ek weet egter nie wat nie.
Lewer kommentaar op Johann du PlessisFrancois du Plessis - 07/09/12 om 10:12:56
God is orals nie net in die kerk nie en my eie ondervinding is dat predikante se vertolking verskil en ook kerke baie kapitalisties georienteerd. Ek het 'n vriend no 65jr met miljoene en al sy lewe "ateism" en toe kry hy terminale kanker en binne 'n paar weke gryp hy na daai draaitjie wat uit die hemel hang. Die kerke loop leeg maar ek glo christene word nie minder nie
Lewer kommentaar op Francois du PlessisNiekie le Roux - 07/09/12 om 03:25:38
Navolgers van Christus het geensins verminder nie net mense wat se hulle is Christene maar Hom nie rerig navolg nie, die gemeente waar ek dienste bywoon het 2dienste in die oggend end 1 in die aand en al die dienste is byna vol elke keer en die boodskappe wat ek en my gesin kry is wonderlik, 'n mens voel vervul vir die res van die week so ek glo nie die navolgers het verminder nie!! Prys Hom wat so goed is vir ons
Lewer kommentaar op Niekie le Rouxcarries - 16/09/12 om 10:44:43
Seg een predikant op kerkraadsvergadering in Suid Kaap - "dit het nou mooi gereen - dis nou tyd dat die boere hul tjekboeke uithaal'! - Te hel met of dit 'n misoes of swakoes gaan wees en of die afgelope 5 jaar se skuld nog betaal moet word! MISLEIERS JA - MISLEIERS (DWAALLERAARS) - Dis hierdie klomp verdwaalde afgodsdienaars wat veroorsaak dat gelowige mense die kerk verlaat.
Lewer kommentaar op carriesLewer kommentaar op hierdie berig













18/05/13 om 01:12:38
Nuwe Smouswet gekheid
jaap sę:
"Die wet is strydig met die grondwet en daarom ongeldig. Die grondwet bepaal..."
17/05/13 om 11:30:12
Vrystaat Stadion meer leefbaar
J.Meyer sę:
"Solank daar drank te koop aangebied word,en duidelik besope mense toegelaat..."
16/05/13 om 10:02:15
Nog twee plaasaanvalle
Barend Kruger sę:
"Nee, dit moet tot Volksmoord status gedryf word want dit is presies wat dit..."
17/05/13 om 08:28:45
Onrusbarende berigte
FRans Malherbe (Skuilnaam sę:
"Stem saam met Olivier.
Gee my die coordinate, dan kyk ons daarna me..."