wordpress visitor
Memoriam konsentrasiekampgrafte opgeknap - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

Memoriam konsentrasiekampgrafte opgeknap

Kommentaar (0)

06/09/12

· Redaksie

Die Erfenisstigting het begin om die konsentrasiekampgrafte in die Memoriam begraafplaas in Bloemfontein, op te knap.  Dit is naas Winburg en Heilbron die derde begraafplaas in die Vrystaat wat deur dié span aangepak word en vorm deel van die Erfenisstigting se bydrae tot die viering van die Vrouemonument se eeufees wat vroeg in 2013 afskop. Die herstel en instandhouding van konsentrasiekampbegraafplase landswyd is egter ook ‘n taak wat die Erfenisstigting ingevolge ‘n samewerkingsooreenkoms met die SA Hulpbronagentskap (SAEHA) uitvoer. Volgens SAEHA se amptelike lêers is daar `n totaal van 1 695 persone in die konsentrasiekamp in Bloemfontein oorlede, wat 1 263 kinders onder sestien jaar en 432 volwassenes insluit. Ná Memoriam beplan die span om die Bethulie konsentrasiekampbegraafplaas te gaan opknap. Vir meer besonderhede oor die projek, kontak Willie Engelbrecht by (051) 522 9432 / 082 728 1489 / willie7@iburst.co.za.

Kategorie: Erfenis

Lewer kommentaar op hierdie berig

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

In die nuus

Gesprekke aan die gang

16/06/13 om 11:29:33

“Parlement laat mense in die steek”

Izak du Toit sę:

"Is die parlement net bymekaarkom plek vir "slapende obuus"lede van ons ANC ..."


16/06/13 om 11:15:17

Sasol miljarde rand uit die sak

Izak du Toit sę:

"Is dit maak ook ons belastinggeld wat aangewend word vir brandstof wat ons ..."


16/06/13 om 11:10:12

Beweerde Libiese miljarde vir wapentuig

Izak du Toit sę:

"So ons ondersteun nou ook Al Quada- en hoeveer van die R na Zuma en sy Anc ..."


12/06/13 om 11:04:56

Ditsem: Naamsaanpassing

C P du Toit sę:

"Maak absoluut sin. Die naam dek nou ons hele land se nuus en dinge.
..."