Clintons en die Withuis
Kommentaar (0)
06/09/12
· Redaksie
Oud-president Bill Clinton het gisteraand op die konvensie van die Demokratiese Party te Charlotte, Noord-Carolina, die formele nominasie gedoen van sittende president, Barack Obama, as die party se kandidaat vir die komende Amerikaanse presidentsverkiesing. Kommentators meen egter Clinton het in die proses reeds sy vrou Hillary se naam as kandidaat vir die 2016 presidentsverkiesing in die hoed geplaas. Clinton se gewildheid is steeds besonder hoog en in gewildheidsopnames klop hy Obama gerieflik. Nou het hy sy gewig ten volle by Obama ingewerp en is onder meer ‘n suksesvolle fondsinsamelaar vir Obama se verkiesingsveldtog. Daar word gemeen dat die feit dat Hillary aangedui het dat sy met die komende presidentserkiesing as minister bedank, die opvatting versterk dat sy haar vere reg skud vir ‘n aanslag later op die Withuis. Dit is nie konvensie dat ‘n sittende minister ‘n presidentskandidaat word nie. Bill Clinton, ondanks die sekseskapades tydens sy ampstermyn, word beskou as een van die beste Amerikaanse presidente ooit.
Kategorie: Internasionale politiek
Lewer kommentaar op hierdie berig













16/06/13 om 11:29:33
“Parlement laat mense in die steek”
Izak du Toit sę:
"Is die parlement net bymekaarkom plek vir "slapende obuus"lede van ons ANC ..."
16/06/13 om 11:15:17
Sasol miljarde rand uit die sak
Izak du Toit sę:
"Is dit maak ook ons belastinggeld wat aangewend word vir brandstof wat ons ..."
16/06/13 om 11:10:12
Beweerde Libiese miljarde vir wapentuig
Izak du Toit sę:
"So ons ondersteun nou ook Al Quada- en hoeveer van die R na Zuma en sy Anc ..."
12/06/13 om 11:04:56
Ditsem: Naamsaanpassing
C P du Toit sę:
"Maak absoluut sin. Die naam dek nou ons hele land se nuus en dinge.
..."