Storm oor artikel van Jonathan Jansen
Kommentaar (19)
06/09/12
· Redaksie
’n Storm in behoudende Christen- en Afrikaner-geledere het losgebars oor ’n artikel van prof. Jonathan Jansen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat, getiteld Hou godsdiens uit die universiteit wat vandeesweek in Die Burger en Volksblad gepubliseer is. Uittreksels uit die artikel lui o.m. soos volg: “Die idee van ’n Christelike Afrikaanse universiteit vir wit jong mense is nie net belaglik nie, dit is gewoonweg gevaarlik vir jong gemoedere in ’n land soos Suid-Afrika. Die idee van ’n Christelike universiteit is ’n oksimoron. ’n Universiteit bestaan nie vir enige godsdiens nie; dit is per definisie ’n plek wat die uitdrukking van idees buite die grense van een geloof moontlik maak, wat nie-gelowiges insluit. In Suid-Afrika verteenwoordig hierdie kwalik gekamoefleerde volkseie universiteite ’n bedreiging vir ’n land wat te lank deur ras, etnisiteit, taal en godsdiens verdeel is. Wat my oor hierdie marginale gedruis oor ’n Christelike universiteit bekommer, is die nie so geheime politieke agenda ten grondslag daarvan: om jong wit gemoedere te isoleer van volle deelname aan die fisieke, maatskaplike en opvoedkundige ruimtes wat nou vir almal in gedesegregeerde openbare universiteite oop is. Dit is die hoëronderwys-weergawe van tuisonderrig, waar jong mense in ’n eng, bevooroordeelde, “Nederduitse Gereformeerde” denkwyse geïndoktrineer kan word – presies hoe Suid-Afrika in die eerste plek veral sedert die 1940’s in die moeilikheid beland het. Dit is geen verrassing nie dat die soort individue en organisasies wat die idee van ’n private Christelike Afrikaanse universiteit ondersteun, regse elemente insluit. Hulle is mense wat gemaklik onder die apartheidsregering geleef het en die nuwe land binnegesleep is; hulle durf ons nie terugsleep nie. Ja, ek wil sterk Christelike (en nie-Christelike) leiers uit al ons universiteite sien kom. En ek is toegewy aan universiteite met sterk onderrigbane in Afrikaans en ander inheemse tale. Maar studente wat in sogenaamde Christelike, Afrikaans-eksklusiewe instellings weggesluit is, sal versterk in hul bekrompenheid uit hierdie speelskool-universiteite te voorskyn kom, waar hulle ’n afsonderlike leefwyse as normatief aanvaar in die naam van wat nog altyd ’n vreemde, etniese God was, wat gebruik is om apartheid heilig te verklaar. Ek het genoeg skade gesien wat deur sommige wit, sogenaamd Christelike Afrikaanse private skole aangerig is om te weet dat die uitbreiding van hierdie waansin na universiteite die soort eiegeregtige skynheiliges sal skep wat die Bybel vasklou op pad na die tronksel omdat hulle die land probeer opblaas het.”
F van der Merwe - 06/09/12 om 05:16:33
Die Afrikaner het nog altyd vrees gewek by die liberalis omdat die liberalis vryheid haat en dit net vir homself opeis.
Lewer kommentaar op F van der MerweJohann - 06/09/12 om 05:24:10
Ek stem volmondig saam met Prof Jansen.
Jou godsdiens moet nie die wetenskap interpreteer nie.
Verder, universiteite se status word bepaal deur publikasies.
Ongelukkig is dit so dat geen internasionaal erkende vaktydskrifte artikels in Afrikaans gaan aanvaar nie.
Dawie Venter - 06/09/12 om 05:28:35
My liewe prof Jansen,
Jy kan ongelukkig nie ras wegwens nie, dit sal altyd 'n realitiet bly by diegene wat nie wil bloed vermeng nie!
Insgelyks sal jy ook ongelukkig nie die Europeër se protestantisme kan wegwens nie!
Jy beweeg op baie gevaarlike terrein en ek sal voorstel dat jy jou liewer by jou lees hou! Dit is net snaaks dat jy die wittes so aanval, maar nie 'n probleem het om hulle "Van" te gebruik!
Jan Roos - 06/09/12 om 09:27:55
Dit is duidelik dat Jansen geen idee van die geestelike realim het nie. Hy dink polities, aards, in die vlees en nie in die Gees nie.
Hy is verblind deur politieke en sikulere denke, trouens deur die satan self.
Ons as gelowiges sal vir hom bid.
Groetnis
JCR
Gerdie Landman - 06/09/12 om 11:20:22
Ek het die standpunt gelees en dadelik aanklank gevind met Prof Jansen se standpunt. Ek dink hy slaan die spyker op sy kop...!
Lewer kommentaar op Gerdie LandmanRiaan Louw - 07/09/12 om 08:21:47
Ek beskou myself as 'n Christen, Suid-Afrikaner, Afrikaner en realis. In die orde. Prof. Jansen het wat my aanbetref 'n passievolle en holistiese uitkyk op die probleme wat Suid-Afrika in die gesig staar. Ons het meer leiers soos hy in hierdie land nodig. Doen 'n bietjie selfondersoek Suid-Afrika.
Lewer kommentaar op Riaan LouwRiaan Louw - 07/09/12 om 08:36:54
Ek sien Ditsemblits neem persoonlik standpunt in teen Prof.Jansen se rubriek en ek haal aan. "Die uitlatings van prof. Jonathan Jansen van die UV soos hier bo aangehaal, is uittartend vir Christene en Afrikaners. Dit is duidelik dat hy op sy plek gesit behoort te word.
Ditsem Vrystaat beoog om nog gepaste aandag hieraan te gee."
Dit is nogal jammer. Hulle behoort dit oor te laat aan die publiek om kommentaar te lewer. Ek hou van die rubrieke wat deurkom elke week want dit is tog relevante gebeure. Miskien was ek bietjie naief. Wonder of ek volgende week 'n nuusbrief kan verwag.:)
Charl - 07/09/12 om 09:00:22
Prof Jansen.
Jou siening is gelukkig nie die van almal nie en ongelukkig het jy blykbaar 'vergeet' om die feite en redes wat aangevoer word om so Universiteit te stig, te noem. Gaan doen asseblief bietjie meer huiswerk voordat jy jou oningeligte mening lig.
JC Klok - 07/09/12 om 10:14:05
Hoe sę die spreekwoord: As jy 'n klip in die bos gooi en 'n jakkals tjamk weet jy dit was raak. Prog Jansen se felle aanval op die moontlike stigting van 'n christelike universiteit is vir my 'n bewys dat hy dit as 'n erge bedreiging beskou, hy sal waarskynlik baie van sy studente aan so 'n universiteit moet afstaan.
Ek betwis sy stelling dat die term "christelike Universiteit" 'n oxymoron is. Alle kennis word vanuit 'n sekere perspektief beoordeel. Wat hy nie kan betwis nie is dat indien studie binne die christelike waardestelsel geskied daar nie die uitwasse is wat mens so dikwels aan die sekulere universiteite sien nie - stakings, oproer, klasse boikotte ens.
Pieter Jacobs - 07/09/12 om 11:27:15
Ek glo dat by die nuwe universteit nie verpligte vakke sal wees waar die kinders " twak " soos " wat is Boedisme, Mohamedane ens " sal moet deurkom om graad te kry nie. Verder sal die klasse in Afrikaans aangebied word en oorgaslaan word na Enghels omdat een of twee in die kursus nie so-genaamd Afrikaans verstaan nie. Ek in Frankryk studeer slaan hulle nie oor Afrikaans toe nie omdat ek nie Frans verstaan nie. Ek leer Frans of gaan na 'n ander universiteit
Lewer kommentaar op Pieter JacobsL Coetzee - 07/09/12 om 12:01:31
Ek stem saam met Prof Jansen (ek is blank en afrikaans)
Lewer kommentaar op L CoetzeeGert van Niekerk - 07/09/12 om 12:45:02
Prof.Jansen,
1) Geriefliker gewys val jy maar net weer die sagte teiken van die Afrikaner en die Christendom aan-Ek daag jou uit om dieselfe aanval op die Moslem mense en gelowe uit te voer, en daarna die Afrika gelowe.
2) Jy is maar net bang jou "Job" is in die gedrang as al die Afrikaanse studente na eksklusiwe Afrikaanse universiteite toe gaan en jy bly met die gemors oor.Dit gaan binnekort gebeur, gaan brei maar jou nougesette verbitterdheid uit en gaan kyk na Solidariteit se suksesvolle kolleges, die universiteit in hul beplanning en UNISA se ontsaglike studente toename- dan is daar miskien 'n paar dinge wat jy moontlik sal kan verstaan!!!
Hou maar aan met jou aanvalle en droom lekker oor hoe jy die soustrein se werklike voordele sal kan uitbuit.
Waarom stroom Engelse kinders na "eksklusiewe Afrikaanse skole"-die res het 'n gemors van die Engele skole gemaak
Deon van Zyl - 07/09/12 om 05:44:31
Gelukkig kan elke wese kies wat om te glo of nie. Ek respekteer sy keuse maar hy hoef nie ander gelowe te koppel aan politiek nie. Die Christendom het gekom om te bly solank die aarde bestaan maar ongelukkig ook die teenoorgestelde. Hoeveel opregte Christene het jou al leed aangedoen proffie? Onthou net dat Satanisme ook 'n geloof is ! Het jy al nagevors oor verskeie gelowe en wetenskap ? Dit lyk nie so nie ! Seen en sterkte vir jou !
Lewer kommentaar op Deon van ZylGert van Niekerk - 08/09/12 om 05:25:58
Prof,
Ek sien jy het vandag ook 'n artikel in die TIMES LIVE en gereeld in Rapport,The Star,Die Burger vele ander koerante tydskrifte, en jy skryf vele boeke.
Nou lyk dit vir my jy gebruik die belasting betaler se geld, wat ons betaal dat jy die rektor moet wees, om sommer lekker geld te maak as joernalis,'n swak een, en om outeur te wees.
As jy so baie tyd het om van snert ontslae te raak kan jy nie veel aandag aan die rektorskap en STUDENTE aangeleenthede gee nie !!!!
Geniet die dag verder-jy sal die idiale vervanging van Jacob Zuma as hierdie land se briljante president wwes.
Barend Kruger - 08/09/12 om 10:21:31
Wat se hierdie Proffie nou eintlik? Wil hy hierdie Christelikke Boere Grond van ons Boerevolk vol "nie Christelike leiers help maak" verklaar hy daarmee ook dat God 'n vreemde, etniese God is? Die man kort 'n Harde Boere Pakslae !!!
Boerevryheid Jeug!
www.boerevryheid.co.za
Pieter - 09/09/12 om 06:12:08
Ek het n navorsingstuk deur n Gereformeerde kerk kommissie oor prof. Jansen se vreemde gedrag. Stel iemand belang?
Lewer kommentaar op PieterPieter - 09/09/12 om 06:13:14
Ek het n navorsingstuk deur n Gereformeerde kerk kommissie oor prof. Jansen se vreemde gedrag. Stel iemand belang?
Lewer kommentaar op PieterDawie de Wet - 12/09/12 om 08:50:36
Ek stem nie saam met Jansen nie, maar ook nie met die meeste wat hom aanval nie. Besef tog: Christen is nie gelyk aan Afrikaans wees nie. Ja, daar is ook plek vir Wetenskapsbeoefening vanuit 'n Christelike perspektief, maar is dit nie juis die uitdaging vir elke Christen student om sy/haar verantwoordelikheid as gelowige na te kom en waar hy/sy is, sy lig te laat skyn nie? Gaan gelowiges nie baie meer bereik deur hulle kinders so toe te rus dat hulle in staat is om, as hulle op universiteit is, wat hulle leer in die lig van die Skrif te toets nie?
Lewer kommentaar op Dawie de WetKenny van Rensburg - 14/09/12 om 01:03:40
Prof baie dankie vir jou insiggewende denke. Dit haal ons uit die boks uit. Skrik wakker mense skrik wakker en hou op so eng dink. Ek geniet jou artikels juis omdat jy met n profetiese oog na die konteks kyk.
Lewer kommentaar op Kenny van RensburgLewer kommentaar op hierdie berig













16/06/13 om 11:29:33
Parlement laat mense in die steek
Izak du Toit sę:
"Is die parlement net bymekaarkom plek vir "slapende obuus"lede van ons ANC ..."
16/06/13 om 11:15:17
Sasol miljarde rand uit die sak
Izak du Toit sę:
"Is dit maak ook ons belastinggeld wat aangewend word vir brandstof wat ons ..."
16/06/13 om 11:10:12
Beweerde Libiese miljarde vir wapentuig
Izak du Toit sę:
"So ons ondersteun nou ook Al Quada- en hoeveer van die R na Zuma en sy Anc ..."
12/06/13 om 11:04:56
Ditsem: Naamsaanpassing
C P du Toit sę:
"Maak absoluut sin. Die naam dek nou ons hele land se nuus en dinge.
..."