Afrikaanse rolprentbedryf blom
Kommentaar (0)
11/09/12
·
Die Afrikaanse rolprentbedryf is duidelik besig om die laaste paar jaar ‘n bloeitydperk soos nooit tevore te beleef nie – nie slegs wat getalle betrek nie, maar ook gehalte sowel as finansiële sukses. Rolprente soos Semi-Soet en Platteland wat elkeen oor die R8,5 miljoen by die loket ingepalm het. Bakgat! het in 2008 uitgekom en bykans R3 miljoen by die loket verdien. Suiwer Afrikaanse rolprente soos Jakhalsdans, Roepman en Hoofmeisie het Afrikaans se naam ook hoog gehou. Nie net praat die silwerdoek nou in Afrikaans nie, dit síng ook met die eerste Afrikaanse musiekfliek in bykans 30 jaar, Liefling: Die Movie. Ster Kinekor is ook tans besig met ‘n Absoluut Afrikaans, ‘n fliekfees vanaf 7 September tot 12 Oktober waartydens vier nuwe Afrikaanse flieks bekendgestel word: Die Wonderwerker, Stilte, Agter die Ligte en Wolwedans in die skemer. Die skrywer Breyten Breytenbach het opgemerk dat Afrikaans veg om oorlewing op universiteits- en amptelike vlak, maar as musiektaal, leeftaal en ook fliektaal blom Afrikaans eenvoudig.
Lewer kommentaar op hierdie berig













16/06/13 om 11:29:33
“Parlement laat mense in die steek”
Izak du Toit sę:
"Is die parlement net bymekaarkom plek vir "slapende obuus"lede van ons ANC ..."
16/06/13 om 11:15:17
Sasol miljarde rand uit die sak
Izak du Toit sę:
"Is dit maak ook ons belastinggeld wat aangewend word vir brandstof wat ons ..."
16/06/13 om 11:10:12
Beweerde Libiese miljarde vir wapentuig
Izak du Toit sę:
"So ons ondersteun nou ook Al Quada- en hoeveer van die R na Zuma en sy Anc ..."
12/06/13 om 11:04:56
Ditsem: Naamsaanpassing
C P du Toit sę:
"Maak absoluut sin. Die naam dek nou ons hele land se nuus en dinge.
..."