Godsdiens word belangrik in Amerikaanse verkiesing
Kommentaar (1)
11/09/12
·
“’n Storm in ‘n teekoppie.” So beskryf die Christian Science Monitor (CSM) die “per abuis” weglaat van God uit die beleidsdokument van die Demokratiese Party by sy konvensie waar Barack Obama sy aanslag begin het vir ‘n tweede termyn as president. Die Republikeine beskuldig die Demokrate al dekades lank daarvan dat dié party “Godloos” is en dit sal interessant wees om te sien of dit nou ‘n impak op die verkiesing gaan hê. ‘n Tweede “blaps” van die Demokrate was om ‘n verwysing na Jerusalem as Israel se hoofstad te verwyder. Die Demokrate voer aan dat die party sy beleidsdokumentasie bloot in pas gebring het met dié van die Amerikaanse regering, waar beide Republikeinse en Demokratiese administrasies Tel Aviv as hoofstad erken en waar die VSA ambassade ook geleë is. Die fokus oor die kwessie het egter verdiep deurdat die Republikeinse kandidaat. Mitt Romney, beloof het dat die VSA sy ambassade na Jerusalem sal verskuif. Die VSA sal dan maar sowat die derde land wees wat dit doen. Die hele kwessie oor God kom teen die agtergrond van verskeie Republikeinsgesinde state en hul goewerneurs om die VSA in wetgewing en gebruike, soos die uitroep van ‘n dag van gebed in Arizona, “vir God te herwin”. Die CSM meen egter die hele godsdienskwessie word verdwerg deur die eintlike verkiesingskwessie – die Amerikaanse ekonomie.
Dawie - 12/09/12 om 08:36:36
Die Republikeine is totaal belaglik om te kla oor die "weglating van God" terwyl hulle 'n Mormoon as kandidaat het. Enige persoon wat die Mormoonse teologie bestudeer, sal besef dat hulle net so min van Jesus se verlossing (die hart van die Christelike geloof) maak as Islam. Islam en Mormonisme erken Jesus as profeet, maar ontken sy soenverdienste aan die kruis.
Ons as Christene (ook hier in SA) moet maar die Bybel begin glo dat ons altyd verdruk sal word en self ons verantwoordelikheid nakom om Jesus te leef. Die dae toe ons ons verantwoordelikheid op die sogenaamd Christelike regering wou afskuif is vir goed verby. Die opstellers van hierdie blad sal die lersers en die land 'n guns doen om dit te aanvaar en te propageer dat ons as Afrikaners se eerse verantwoordelikheid is om Jesus met ons lewe sigbaar te maak aan die węreld.
Lewer kommentaar op hierdie berig













18/05/13 om 01:12:38
Nuwe Smouswet gekheid
jaap sę:
"Die wet is strydig met die grondwet en daarom ongeldig. Die grondwet bepaal..."
17/05/13 om 11:30:12
Vrystaat Stadion meer leefbaar
J.Meyer sę:
"Solank daar drank te koop aangebied word,en duidelik besope mense toegelaat..."
16/05/13 om 10:02:15
Nog twee plaasaanvalle
Barend Kruger sę:
"Nee, dit moet tot Volksmoord status gedryf word want dit is presies wat dit..."
19/05/13 om 06:27:41
Onrusbarende berigte
Carries sę:
"Is daar iemand wat hierdie ko-ordinate kan verskaf ???..."