Zim geldkrisis vra SA en Angola vir hulp
Kommentaar (4)
11/09/12
·
Volgens Zimbabwiese Minister van Finansies Tendai Biti het sy land Suid-Afrika en Angola vir hulp gevra om die totale skuld van R3,2 miljard van Zimbabwe te help diens. Die skuldkrisis is as gevolg van ‘n gebrek aan buitelandse beleggings en opdroog van hulp van tradisionele Westerse skenkers. Biti het Donderdag gesê hy wil SA Minister van Finansies Pravin Gordhan vra vir ‘n lening van ongeveer R1,2 miljard. Biti het ook gesê dat Zimbabwe onderhandel met Beijing oor ‘n lening van R2,8 miljard om sy Kariba-Suid kragstasie op te gradeer om 300 MW ekstra krag te lewer. Intussen sukkel Zimbabwe se ekonomie om te herstel van ‘n dekadelange ressessie, wat o.a. toegeskryf word aan pres. Mugabe se beleid van beslaglegging op blanke plase. Dít, tesame met die Mugabe-bewind se beleid om buitelandse firmas te dwing om meerderheidsaandeelhouding oor te dra aan plaaslike ondernemings, jaag buitelandse beleggers soos die Wêreldbank en Internasionale Monetêre Fonds die skrik op die lyf.
LOUIS JORDAAN - 12/09/12 om 09:00:31
Laat hulle kry wat hul toekom.Nog n plek vir CHINA om oor te vat.DIE volgende is ons.
Ali Kahn - 12/09/12 om 07:11:06
'n pragtige voorbeeld van "Affirmative Action". 'n Voorbeeld van wat met 'n land gebeur wanneer persone, onbevoeg vir die taak, probeer om 'n land te bestuur. Ons het ons eie "local Mugabe" ----- Malema! Solank daar niemand is wat keer nie sal hulle aanhou skep tot die pot leeg is en dan staan hulle, soos tradisioneel. bakhand
Lewer kommentaar op Ali KahnJohann Marx - 12/09/12 om 09:56:25
Mugabe vra Zuma vir geld. Zuma stel voor hulle sny hulle rieme dunner. Mugabe vra Zuma vir rieme......
Lewer kommentaar op Johann Marxwonder - 13/09/12 om 08:38:14
Ek wonder hoekom stuur hulle nie die berig aan malema nie?
Lewer kommentaar op wonderLewer kommentaar op hierdie berig













18/05/13 om 01:12:38
Nuwe Smouswet gekheid
jaap sę:
"Die wet is strydig met die grondwet en daarom ongeldig. Die grondwet bepaal..."
17/05/13 om 11:30:12
Vrystaat Stadion meer leefbaar
J.Meyer sę:
"Solank daar drank te koop aangebied word,en duidelik besope mense toegelaat..."
16/05/13 om 10:02:15
Nog twee plaasaanvalle
Barend Kruger sę:
"Nee, dit moet tot Volksmoord status gedryf word want dit is presies wat dit..."
17/05/13 om 08:28:45
Onrusbarende berigte
FRans Malherbe (Skuilnaam sę:
"Stem saam met Olivier.
Gee my die coordinate, dan kyk ons daarna me..."