AFJ Tukkies skop teen rassediskriminasie
Kommentaar (0)
19/09/12
·
‘n Afvaardiging van AfriForum Jeug (AFJ) Tukkies het in swart en wit tronkpakke ‘n memorandum aan die Registrateur van die Universiteit van Pretoria (UP), prof. Nick Grové, oorhandig in protes teen rasseklassifikasie wat studente soos tronkbewoners by hulle eie universiteit laat voel. Dit val saam met ‘n referendum waaraan studente kan deelneem om te stem of rasseklassifikasie steeds by die UP gebruik moet word. Daarbenewens word versoek dat rasseklassifikasie in terme van beurstoekennings, Huiskomitee (HK)-verkiesings en toelating tot sekere fakulteite, geskrap word. “As jongmense voel ons soos gevangenes wat vasgevang is in ‘n tronk van politieke korrektheid. Rasseklassifikasie is besig om van Tukkies ‘n tronk te maak en studente gaan met hierdie memorandum vra dat die tralies oopgesluit word en studente vrygemaak word van ‘n politieke speelveld vir die regerende party,” het Barend Taute, voorsitter van AFJ Tukkies, gesê.
Lewer kommentaar op hierdie berig













24/05/13 om 08:35:45
Op die Markplein
Carries sę:
"wat dan van 'n ou fototjie van hoe die krippe lyk - 'n boer hou da..."
23/05/13 om 03:45:47
Entrepreneurskap as teenvoeter vir werkloosheid
Piet Mulder sę:
"Pragtige idee, maar ek weet van verskeie families wat hulle eie besighede b..."
23/05/13 om 12:03:55
Nuwe boek oor slawe in SA geskiedenis
Jaco de Beer sę:
"Interessant dat dit juis die Engelse was wat probeer het om die "slawe" eti..."
24/05/13 om 08:39:08
Verpolitisering van onderwys
Carries sę:
"wat ek verder wou bysę is dat as die leuen lank genoeg as die waarheid voor..."