Katalane betoog vir onafhanklikheid
Kommentaar (1)
19/09/12
·
Honderdeduisende betogers het die strate van Barcelona, Spanje, ingevaar om onafhanklikheid vir die provinsie Katalonië op te eis. Dit het saamgeval met die herdenking van Katalonië se opname in die Spaanse Ryk in 1714. Volgens die polisie het tot 1,5 miljoen betogers aan die protes vir onafhanklikheid deelgeneem. Peilings toon dat meer as die helfte van Katalonië se inwoners onafhanklikheid voorstaan. Katalonië, met sy eie taal, is die rykste deel van Spanje, maar die inwoners meen die streek dra meer tot die Spaanse staatskas by as wat terugvloei. Die streekregering wil dus graag die mag om belastings te in, na die streek afgewentel sien. Hoewel Katalonië se ekonomie groter is as dié van Portugal, knyp die ekonomie en is een uit elke vyf Katalane werkloos.
Pieter - 27/09/12 om 08:09:49
Wat sou die Burger se van die petalje. Daar is so baie ander minderheisgroepe wereldwyd wat hulle vir selfbeskikking/regering beywer dat die Afrikaner beslis nie 'n uitsondering op die reel is nie.
Lewer kommentaar op PieterLewer kommentaar op hierdie berig













18/05/13 om 01:12:38
Nuwe Smouswet gekheid
jaap sę:
"Die wet is strydig met die grondwet en daarom ongeldig. Die grondwet bepaal..."
17/05/13 om 11:30:12
Vrystaat Stadion meer leefbaar
J.Meyer sę:
"Solank daar drank te koop aangebied word,en duidelik besope mense toegelaat..."
16/05/13 om 10:02:15
Nog twee plaasaanvalle
Barend Kruger sę:
"Nee, dit moet tot Volksmoord status gedryf word want dit is presies wat dit..."
17/05/13 om 08:28:45
Onrusbarende berigte
FRans Malherbe (Skuilnaam sę:
"Stem saam met Olivier.
Gee my die coordinate, dan kyk ons daarna me..."