wordpress visitor
Omstrede burgemeerster nou ambassadeur - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

Omstrede burgemeerster nou ambassadeur

Kommentaar (1)

19/09/12

·

Mnr. Playfair Morule, ‘n omstrede voormalige ANC-burgemeerster van Mangaung Munisipaliteit, wat veral weens motorongelukke berug geword het, is met effek vanaf 1 Desember 2012 aangestel as die nuwe SA ambassadeur in Indië. Na berig word, sien Morule dit as sy groot taak om die bande tussen Suid-Afrika en Indië as Brics-lede (Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika) te help uitbou. Voordat Morule Mangaung se uitvoerende burgemeester geword het, was hy onder meer LUR vir Finansies en LUR vir Veiligheid en Sekuriteit in die Vrystaatse provinsiale regering. Hy het sy pos by Mangaung Munisipaliteit te midde van verlammende binnegevegte verlaat en is gesê dat die huidige burgemeester en ewe omstrede Thabo Manyoni “die gemors” sal moet opruim. Morule was ook in twee veelbesproke motorongelukke betrokke, een waarvoor ‘n vonnis van strafbare manslag teen hom gelewer is.

Kategorie:

Johann Marx - 20/09/12 om 07:20:05

Jip...laat hom los op Indië. Daar weet hulle hoe om met kriminele se gal te werk....Mag hy daar 'n koei raak ry!!

Lewer kommentaar op Johann Marx
Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):

Lewer kommentaar op hierdie berig

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

In die nuus

Gesprekke aan die gang

24/05/13 om 08:35:45

Op die Markplein

Carries sê:

"wat dan van 'n ou fototjie van hoe die krippe lyk - 'n boer hou da..."


23/05/13 om 03:45:47

Entrepreneurskap as teenvoeter vir werkloosheid

Piet Mulder sê:

"Pragtige idee, maar ek weet van verskeie families wat hulle eie besighede b..."


23/05/13 om 12:03:55

Nuwe boek oor slawe in SA geskiedenis

Jaco de Beer sê:

"Interessant dat dit juis die Engelse was wat probeer het om die "slawe" eti..."


24/05/13 om 08:39:08

Verpolitisering van onderwys

Carries sê:

"wat ek verder wou bysê is dat as die leuen lank genoeg as die waarheid voor..."