Halaal- en ander geloofstekens oes miljarde rand
Kommentaar (5)
19/09/12
·
Die voorbladberig van die September 2012 uitgawe van Ditsem Vrystaat lui dat dit uit 'n hofaansoek wat 'n Nasionale Koalisie van Christen Groepe in die Noord-Gautengse Hooggeregshof gebring het, blyk dat die halaalteken wat deesdae op die verpakkings van feitlik alle kosprodukte in Suid-Afrika verskyn, die Moslem-beweging in die land jaarliks honderde miljoene rand in die sak bring. Dit is egter nie net die halaalteken wat op talle kosprodukte verskyn nie, maar ook die kosher / parev-teken ten gunste van die Joodse geloof en, in 'n mindere mate, 'n Hindoe-teken ten gunste van die Hindoe-geloof. Dit beteken in effek dat die oorgrote meerderheid Christen-verbruikers in SA die Moslem-beweging en die twee ander godsdienste indirek finansier. In SA het verbasend min kosprodukte in die groot supermarkte nie die halaalteken op nie. Dit geld werklik feitlik alle voedsellyne - van koffie tot vleis en van ingemaakte kos tot suiwelprodukte, ens. Volgens die Christen Koalisie kom dit in terme van die Grondwet van SA neer op diskriminasie teen Christene. Die koalisie meen voorts dat op grond van die Woord van God Christene geloofsbesware kan hê teen die eet van sulke kosprodukte. Syfers toon dat SA die vyfde grootste produsent van halaalprodukte in die wêreld is en dit in 'n land waar Moslems minder as 2% van die bevolking uitmaak. Die omset van die wêreldmark waarvan SA die vyfde grootste bydraer is, word beraam op VSA $ 2,3 triljard – dit terwyl SA Moslems minder as 0,05% van die Moslem-bevolking wêreldwyd uitmaak. Dit blyk voorts dat 80% van halaalprodukte nie deur Moslem-lande geproduseer word nie, maar deur Westerse lande. Die bevolking van SA bestaan uit ongeveer 80% Christene, asook in totaal ongeveer 4% Moslems, Jode en Hindoes. Die balans word opgemaak deur tradisionele gelowe en ongelowiges. Die Christen Koalisie betoog dat hulle geensins 'n aanval loods op ander gelowe nie, maar dat die aansoek daarop gemik is dat die regte van alle geloofsgroepe in gelykheid aangewend en toegepas moet word sover dit die geloofstekens op voedseletikette aangaan. Die applikante betoog verder dat die huidige gebruik van geloofstekens ook teenstrydig is met die nuwe Verbruikerswetgewing wat meld dat sodanige tekens in eenvoudig-verstaanbare taal die doel van die tekens moet verduidelik, sodat die verbruiker ‘n ingeligte keuse kan uitoefen. Meer besonderhede oor die hofaansoek is beskikbaar op die Facebook-blad, of by Philip Groenenstein by 083 334 1547. Lees die volle berig in Ditsem Vrystaat by www.ditsem.net/berig.php?id=
Pieter - 19/09/12 om 07:56:43
Dis nie al nie. Ek moet daagliks om twaalf uur luister na 'n onaardse lawaai oor 'n luidspreker wat iewers in een van die minarette by 'n moskee geleë is. Ek is nie so seker dat die outeurs van die Quran 1300 jaar gelede voorgeskryf het dat die een of ander gebed oor 'n luidspreker oor 'n dorp uitgesaai moet word waarvan die bevolking beswaarlik 5% Moslems is. Passop vir hierdie geloof. Gevaarliker as enige bedreiging waaraan jy kan dink.
Lewer kommentaar op Pieterdeugniet - 19/09/12 om 08:54:13
As allha so wonderlik is hoekom vergeld hy hom nie self met die film wat hom glo bespot nie. Asons dan woolworths kan boikot met hulle indiensneming besluit, hoekom boikot ons da nie die kos met die tekens op nie----maklik nę, of wat praat ek als?
Lewer kommentaar op deugnietJohann Marx - 20/09/12 om 07:17:23
Goeie genugtig, DIT kan nie toegelaat word nie? Wag net tot die NG Kerk hiervan hoor.......dan sal daar heel waarskynlik NOG 'n tekentjie op die verpakking moet verskyn sodat hulle ook darem 'n geldjie kan oes uit die verbruikers se sakke. Hierdie saak sal onmiddelike aandag kry......net sodra hulle klaar gestry is oor die Belydenis van Belhar!!!
Lewer kommentaar op Johann MarxTheuns - 20/09/12 om 08:14:31
Nie alle kosprodukte vertoon die halaal teken nie. Kyk na Enterprise Voedsel, vervaardiger van verwerkte vleisprodukte soos polonie, weense worsies, spek, ham, ensovoorts se verpakking en jy sal geen halaal teken sien nie. Koop die produkte met 'n geruste hart en ondersteun 'n maatskappy wat jou belange eerste stel.
Lewer kommentaar op TheunsSchalk W Jacobsz - 20/09/12 om 10:49:33
Na die vier wonderbaarlike oorwinnings wat die Boere van Transvaal tydens die Eerste Vryheidsoorlog ontvang het, het hulle die Pretoriakonvensie klakkeloos aanvaar en onderteken op 3 Augustus 1881.
Die konvensie bevat onder andere die volgende twee artikels:
"XVI. There will continue to be complete freedom of religion and protection from molestation for all denominations, provided the same be not inconsistent with morality and good order; and no disability shall attach to any person in regard to rights of property by reason of the religious opinions which he holds."
Hierdie artikel het alle afgode gelykgestel aan die lewende God, die Almagtige, JHWH van die leërskare.
Die tweede artikel waat ter sake is:
"XXVI. All persons other than Natives conforming themselves to the laws of the Transvaal State (a) will have full liberty, with their families, to enter, travel, or reside in any part of the Transvaal State; (b) they will be entitled to hire or possess houses, manufactories, warehouses, shops, and premises; (c) they may carry on their commerce either in person or by any agents whom they may think fit to employ; (d) they will not be subject, in respect of their persons or property, or in respect of their commerce or industry, to any taxes, whether general or local, other than those which are or may be imposed upon Transvaal citizens."
Hierdie artikel verklaar waarom die eerste Hindoe-gemeente in die Transvaal in 1882 by Marabbastad te Pretoria gestig is.
Dit verklaar ook waarom my geslag groot geword het met 'n Oranje Vrystaat sonder Indiërs terwyl die Indiërgemeenskap in die Transvaal mee rekening gehou kon word.
Ons volk, die Boervolk, weet nog nie waarvoor ons ons alles moet verootmoedig nie. Volgens Johannes 15:1 het ons Priester/koning Jesjua gesalfde gesę: Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die Boer.
Dit is tyd dat ons "eenkant op hoop gaan sit en bid"!
Lewer kommentaar op hierdie berig













16/06/13 om 11:29:33
Parlement laat mense in die steek
Izak du Toit sę:
"Is die parlement net bymekaarkom plek vir "slapende obuus"lede van ons ANC ..."
16/06/13 om 11:15:17
Sasol miljarde rand uit die sak
Izak du Toit sę:
"Is dit maak ook ons belastinggeld wat aangewend word vir brandstof wat ons ..."
16/06/13 om 11:10:12
Beweerde Libiese miljarde vir wapentuig
Izak du Toit sę:
"So ons ondersteun nou ook Al Quada- en hoeveer van die R na Zuma en sy Anc ..."
12/06/13 om 11:04:56
Ditsem: Naamsaanpassing
C P du Toit sę:
"Maak absoluut sin. Die naam dek nou ons hele land se nuus en dinge.
..."