wordpress visitor
R500 miljoen “uitgedeel” deur Vrystaatse departement - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

R500 miljoen “uitgedeel” deur Vrystaatse departement

Kommentaar (1)

19/09/12

·

Volgens ‘n ouditverslag van die firma Open Water Advanced Risk Solutions wat deur die premier Ace Magashule aangestel is om die verdwying van miljoene rand by die Vrystaatse Departement van Behuising te ondersoek, is ‘n vooruitbetaling van R500 miljoen vir HOP-huise in Desember 2011 deur korrupte amptenare onder verskaffers verdeel. Luidens die verslag het amptenare verskaffers aangeraai om gelaaide kwotasies in te dien om honderde miljoene rande te tap wat eintlik vir huise vir armes bestem was. Die saak word tans deur Parlement ondersoek, terwyl Minister van Menslike Nedersettings Tokyo Sexwale ook ‘n spesiale ondersoekspan aangestel het om soveel as miljarde rande op te spoor wat in die departement vermis word. Die ouditverslag meld dat een verskaffer sy deel van die uitbetalings bestee het aan luukse voertuie, buitelandse reise en betalings aan sy vrou. Die verslag onthul ook hoe amptenare subsidies, blykbaar sonder die medewete van Mamiki Qabathe, destydse LUR, uitgedeel het. Slegs die LUR kan subsidies goedkeur.

Kategorie:

Johann Marx - 20/09/12 om 07:13:15

Hoekom word daar in Suid Afrika altyd EERS gesteel....en DAN ondersoek gedoen? Hoekom is daar nie stelsels in plek wat hierdie tipe van gedrag kan VOORKOM nie? Is dit nie maar 'n tipe van werkskepping nie? Die wat steel het, en dan word daar 'n "kommissie van ondersoek" aangestel....teen omtrent net soveel as die "verlore fondse"...wat twee of drie jaar lank sit en niks doen nie, vir lekker vet salarisse, en dan 'n uitspraak lewer dat die verlore geld ongelukkig nie herwin kan word nie, maar dat daar aanbevelings gemaak is oor voorkoming van 'n herhaling van hierdie gedrag by die departement wat ondersoek is. Intussen is die korruptes verplaas na ander departemente toe....waar hulle lustig voort steel...en wag vir 'n kommissie van ondersoek om aangestel te word!!

Lewer kommentaar op Johann Marx
Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):

Lewer kommentaar op hierdie berig

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

In die nuus

Gesprekke aan die gang

24/05/13 om 08:35:45

Op die Markplein

Carries sę:

"wat dan van 'n ou fototjie van hoe die krippe lyk - 'n boer hou da..."


23/05/13 om 03:45:47

Entrepreneurskap as teenvoeter vir werkloosheid

Piet Mulder sę:

"Pragtige idee, maar ek weet van verskeie families wat hulle eie besighede b..."


23/05/13 om 12:03:55

Nuwe boek oor slawe in SA geskiedenis

Jaco de Beer sę:

"Interessant dat dit juis die Engelse was wat probeer het om die "slawe" eti..."


24/05/13 om 08:39:08

Verpolitisering van onderwys

Carries sę:

"wat ek verder wou bysę is dat as die leuen lank genoeg as die waarheid voor..."