‘Ontvang Belhar as gawe van God’
Kommentaar (13)
19/09/12
·
Prof. Nelus Niemandt, moderator van die NG Kerk Algemene Sinode, het te Modimolle (voorheen Nylstroom) die noordelike sinode uitgedaag om nuwe taal en nuwe beeldspraak te gebruik om eenheid in die NG Kerkfamilie te beklemtoon. Hy wou weet hoe dit sal wees as die noordelike sinode wegdink van bitterheid en verdeeldheid en “Belhar ontvang as ‘n gawe van God.” Hy het gevra wat kan die NG Kerk anders laat dink oor die belydenis van Belhar. “As mens aan die kerk dink as een, is Belhar nie langer iets wat van buite indring nie, maar iets wat groei uit die kerk se gemeenskaplike lewe”, aldus Niemandt. Hy sê enige organisasie kom soms by die punt wat hy die verlede moet los en ‘n nuwe toekoms moet aangryp, “soos ‘n sweefstokarties op die een plek los en ‘n ander vasgryp.” Die NG Kerk moet volgens hom antwoorde vind op sekularisasie, ‘n verbruikersgodsdiens, armoede en onreg. Dit kan lê in versoening, geregtigheid en eenheid. Belhar kan die kerk taal gee om al dié oortuigings te verwoord.
Dawie de Wet - 19/09/12 om 05:36:49
Prof Niemandt het reg as hy sê dat die NG kerk antwoorde moet vind op sekularisasie, 'n verbruikersgodsdiens, armoede en onreg. Die herstelproses kan net slaag as dit op voetsoolvlak begin, nie van bo af ie. Lidmate moet in wyksverband begin om Christosentries te dink en te lewe en na mekaar en die nood in hule midde om te sien - eerstes geestelik en dan natuurlik ook materieel. Op hierdie staduim is onbybelse sinodebesluite (soos die een dat elkeen kan glo wat hy wil oor die bose, ongeag wat die Woord en die kerk se belydenis leer) die grootste struikelblok en oorsaak dat mense teen tempo hewig elders hulle heil soek.
Lewer kommentaar op Dawie de WetJohann Marx - 20/09/12 om 07:08:18
'n Sweefstok-arties het 'n "vang-net" as veiligheidsmaatreël.....en hy oefen vir baie lank, baie hard, met 'n harnas aan voordat hy sy "sprong" maak. Hy staan nie net een oggend op en besluit om 'n sweefstokarties te word, klim teen die naaste paal op, en gryp in die lug na iets wat nie bestaan nie? Die Kerk is besig om dit te doen........solank die applous net hard en lank genoeg is!!!
Lewer kommentaar op Johann MarxBles de Klerk - 20/09/12 om 08:27:18
Hy wou weet hoe dit sal wees as die noordelike sinode wegdink van bitterheid en verdeeldheid en “Belhar ontvang as ‘n gawe van God.” Eenvoudig, want dit is nie.
Lewer kommentaar op Bles de KlerkBraam du Plooy - 20/09/12 om 08:39:20
Prof. Niemand sit die pot mis as hy dink die nuwerwetse gelowige gaan met mooie verdraaide taal en slim woorde as slap riem gevang word Belhar in sy wese is geskryf om die NG Kerk te dwing om skuldig te voel oor apartheid (waarheid wat aangesprrek moes word) maar met n slaanstok deur VGK mentaliteit. Maak nie saak hoeveel keer Belhar oor geskryf en woorde mee gekonkel word nie die wortels van die kwaad is steed daar. Prof julle preek nie meer vir ongeskoolde mense nie baie is hoogs professionele mense wyd belese en nuwe "taal en beeldspraak" gaan nie die knoop deurhaak nie.
Lewer kommentaar op Braam du PlooySchalk W Jacobsz - 20/09/12 om 10:21:07
My Boervolk identiteitsnommer is 422-1-0-0001101.
Op 16 Desember 2008 het ek uit 'n toespraak deur die oud-abassadeur E J J Olivier kennis geneem van die feit dat die NG Kerk my mense, die Boervolk van Vrystaat en Transvaal, wys gemaak het dat hulle in gebreke was om die gelofte van die emigrante Boere om 16 Desember as 'n sabbat te vier na te kom.
Die NG Kerk het hier 'n dubbele leuen verkondig.
Die gelofte was nie om 'n dag te herdenk nie.
Volgens die amptelike joernaal of dagboek van die strafekspedisie van die emigrante Boere teen Dingaan en sy Zoeloes is die gelofte as volg voorgestel deur Hoofkommandant Pretorius voor die aanvang van die oggenddiens van Sondag 9 Desember 1838: "... dat hy aan die Almagtige 'n gelofte wou doen, indien almal inwillig, om, sou die Here aan hulle die oorwinning gee hulle 'n Huis ter gedagtenis van sy groot Naam te stig waar dit Hom sal behag en dat hulle 'n smeekbede tot God moes rig om sy hulp en bystand om hierdie gelofte verseker te kan volbring..."
Nadat die drie gemeentes in die laer deur die drie voorgangers, Cilliers, Landman en Joubert, genader is met die voorstel het hulle hul algemene toestemming verkry.
Die gelofte is toe deur die drie voorgangers in drie afsonderlike oggendienste verwoord.
Die gelofte is hierna gesewe en op 16 Desember en 27 Desember 1838 het die Almagtige hulle aanbod van kontrak (die gelofte) aanvaar en hulle gebring in die band van die nuwe verbond (Eseg 20:37)wat sy Seun bykans 2,000 jaar gelede met sy bloed aan die kruis verseël het.
(Afsondelike ontwikkeling het gefaal omdat dit vir almal in Suid-Afrika buiten die Boervolk 'n eie staat in die vooruitsig gestel het.)
Die tweede leuen wat die NG Kerk verkondig het, was dat die nasate van die emigrante Boere hulle gelofte gestand moes doen deur 16 Desember as 'n sabbat te herdenk. Nêrens in die Skrifte is daar 'n opdrag dat een persoon 'n ander persoon se gelofte gestand moet doen nie.
Die Skrif verklaar Satan as die vader van die leuen. Enige persoon of instansie wat leuens verkondig word daardeur 'n dienaar van Satan. Die Kerk het homself deur die eeue gedemonstreer as die sinagoge of kerk van die Satan.
Dit is veblydend om te sien dat my volksgenote hulle begin distansiëer van die Kerk en se leuens.
Ons het nie 'n gelofte om na te kom nie maar 'n verbond om te gehoorsaam. Ons handboek is gesalfde koning Jesjua se uitsprake soos opgeteken in die evangelies.
Schalk W Jacobsz - 20/09/12 om 10:24:58

Dit is veblydend om te sien dat my volksgenote hulle begin distansiëer van die Kerk en sy leuens.
Ons het nie 'n gelofte om na te kom nie maar 'n verbond om te gehoorsaam. Ons handboek is gesalfde koning Jesjua se uitsprake soos opgeteken in die evangelies.
Gert van Niekerk - 20/09/12 om 10:48:00
Prof.Niemand,
Nou wil julle weet hoekeom die NG kerke leeg loop!
Vyf en Negentig persent van die gemeente lede weet nie eers wat die ander bestaande NG leer stellings is nie - WAT STAAN IN EN WAT BETEKEN DIE LEER STELLING VAN BELHAR?
Dit is deur 'n paar radikale studente op die kampus van 'n universiteit opgestel- nou is dit skielik "Ontvang as ‘n gawe van God"
Was die weg neem van die Psalm en Gesange uit ons kerke ook "Ontvang as ‘n gawe van God" of het iemand baie geld gemaak met die nuwe druk van die "Twedely Twedely" liedjies waarop , van die wysies, van pop liedjies kom en waarop miljoene mense "party" gehou het?
Ons kerke loop leeg omdat ons sinodes hulle met allerly nie kerklike aktiewiteite besig hou!
Groete Gert van Niekerk
Ant San - 20/09/12 om 11:33:35
Klop klop, wie is daar? Niemand!
My Skepper is gister vandag en tot in ewigheid dieselfde! Dit is tyd dat die kerke hul deure sluit vir politiek en net die Woord verkondig.
Schalk W Jacobsz - 20/09/12 om 11:56:28
In 'n teëstaanderlike sin het die professor gelyk.
Volgens die skriftuurlike definisie van die woord "god" is Satan 'n god. Dan is die Belharbelydenis inderdaad 'n gawe van 'n god.
Die Kerke gee ons te kenne dat die Jode (deels die nasate van Abraham deur Esau) die uitverkore volk van hulle god is. Wat die Seun van God, die Almagtige, oor hulle uitverkorenheid te sê gehad het, is opgeteken in Johannes 8:44. Lukas 4: 5-7 bevestig Jesjua se uitspraak.
Ons, die Boervolk, moet vir Hom volk word, sy offerkudde (Esegiël 20:37; Levitikus 27:32 - 33/53-vertaqling).
D Fourie - 20/09/12 om 02:08:32
Prof Niemandt sê: "enige organisasie kom soms by die punt wat hy die verlede moet los en ‘n nuwe toekoms moet aangryp, “soos ‘n sweefstokarties op die een plek los en ‘n ander vasgryp.” Nou ja, dan geld dit mos vir almal - hoekom laat los die VGK nie die verlede nie?
Lewer kommentaar op D FourieFrik le Roux - 21/09/12 om 02:19:59
Soos Langenhoven gese het, soos die wind waai, so swaai jy (Niemandt) jou mantel.Enige besluit van die Sinode word voorafgegaan deur gebed en dan gese dis die wil van God. Hoe jammerlik dat God dan al die jare verkeerd was en nou is God ewe skielik reg want NOU moet ons Belhar aanvaar as een van die belydenisse wat voorheen as ONAANVAARBAAR beskou is. Prof Niemandt verklaar dit of bid julle nou tot 'n ander God? Die gewone lid het GEEN vertroue meer in wat jul se of besluit nie, want julle volg die politiek van die dag na. Wat julle (jy) mee besig is, is kerkskeuring en om lede afvallig te maak van die kerk,waaroor die Satan juig en dankbaar is oor jul bydrae. Miskien is julle onbewus dat julle dalk Satan dien??
Lewer kommentaar op Frik le RouxKoos Klok - 26/09/12 om 02:13:06
Toe die vroeë Christelike kerk verdruk is het hulle gekonsentreer op suiwer woord verkondiging. Nadat Keiser Konstantyn die christelike kerk "gewettig" het het dit geleidelik verval omdat die Pouse meer belang gestel het in "wêreldse" mag as woordverkondiging.
Die NG Kerk het basies dieselfde paadjie geloop. Toe die Engelse die land regeer het was die NG Kerk 'n steunpilaar, 'n ligbaken wat sending gedoen het, woordverkondiging, maatskaplike opheffing ens. Nadat die NP aan bewind gekom het het die NG kerk homself as "staatskerk" verhef en openlik tot die politiek toegetree.
Die politiek is 'n vuil spel en wie daaraan deelneem word besmet met waardes soos arrogansie en hoogmoed. Dit stel jou ook bloot aan al die onderduimsheid van die politiek.
Wat die NG kerk gesaai het het hulle gemaai. Dit sal beter wees as die NG kerk ontbind. Lidmate kan by ander kerkgenootskappe aansluit waar daar op woord verkondiging gekonsentreer word.
Johan Els - 27/09/12 om 02:37:02
Prof in U posisie moet U asb nie sulke polities korrekte uitsprake lewer nie want dit gaan geen eenheid bewerkstellig nie,dit vervreem net nog meer lidmate van ons NG Kerk.Hou liewer by die sywer verkondiging van die woord.
Lewer kommentaar op Johan ElsLewer kommentaar op hierdie berig

16/06/13 om 11:29:33
“Parlement laat mense in die steek”
Izak du Toit sê:
"Is die parlement net bymekaarkom plek vir "slapende obuus"lede van ons ANC ..."
16/06/13 om 11:15:17
Sasol miljarde rand uit die sak
Izak du Toit sê:
"Is dit maak ook ons belastinggeld wat aangewend word vir brandstof wat ons ..."
16/06/13 om 11:10:12
Beweerde Libiese miljarde vir wapentuig
Izak du Toit sê:
"So ons ondersteun nou ook Al Quada- en hoeveer van die R na Zuma en sy Anc ..."
12/06/13 om 11:04:56
Ditsem: Naamsaanpassing
C P du Toit sê:
"Maak absoluut sin. Die naam dek nou ons hele land se nuus en dinge.
..."