Groter SEB-skroewe goedgekeur
Kommentaar (4)
19/09/12
·
Die nasionale kabinet het ’n nuwe stel Kodes vir Breë-gebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtiging (BGSEB) goedgekeur, waardeur groter skroewe ingestel word om sg. swart ekonomiese bemagtiging radikaal te versnel. Die sleutelareas wat die Kodes aanspreek, is: Die generiese telkaart word verminder tot vyf elemente, met Gelyke indiensneming en Bestuursbeheer wat gekonsolideer word, asook Voorkeurverkryging en Ondernemingsontwikkeling wat saamgevoeg word om Verskaffersontwikkeling te vorm / Die punte vir Eienaarskap word verbreed om aangewese groepe by die hoofpunte in te sluit / Die drempels vir Vrygestelde mikro-ondernemings (onder R5 miljoen) en Kwalifiserende kleinondernemings (onder R35 miljoen) word aangepas / Alle ondernemings, behalwe Vrygestelde mikro-ondernemings, sal verplig word om te voldoen aan die vyf elemente van die BGSEB-telkaart / Die instelling van die prioriteitselemente: Eienaarskap, vaardigheidsontwikkeling en verskaffersontwikkeling. Groot ondernemings sal verplig word om aan aldrie prioriteitselemente te voldoen, anders word hulle buite rekening gelaat / Ondernemings wat 100% swart eienaarskap het, sal kwalifiseer as Vlak 1 / Ondernemings met meer as 50% swart eienaarskap, sal kwalifiseer as Vlak 2 / ’n Opgedateerde raamwerk word ingestel vir die akkreditering van BGSEB verifikasie-agentskappe ten einde die Onafhanklike Regulatoriese Vereniging van Ouditeure in te sluit / Vaardigheidsontwikkelingseleme
Bastian Bakkes - 19/09/12 om 07:21:14
BGSEB is niks anders as 'n gewettigde roof- en plunder-tog . Dis 'n manier om die kaders tydelik onder hierdie onnatuurlike , nie-volhoubare , onregverdige wetgewing tevrede te hou deur die buit te verdeel. Rassisme staan in die blom .Dit is my wens dat die term SEB of soos hy nou heet BGSEB , met die nodige disrespek hanteer sal word .
Lewer kommentaar op Bastian BakkesAdriana Stuijt - 19/09/12 om 07:55:20
As oud-joernalis is ek nie juis dom nie, maar hierdie storie is geskryf in onverstaanbare regeringstaal. Wat beteken dit alles, kan julle dit asb in verstaanbare Afrikaans hervertaal want dit kom duidelik van 'n Engelse persberig af.
Lewer kommentaar op Adriana StuijtPieter - 19/09/12 om 08:03:00
Hou in gedagte dat enige Afrikaan wat swart is hetsy afkomstig uit Zinbabwe, Kenia, Soedan, noem maar op, vrygestel is van die bepalings van BGSEB kodes. Dit is net op witmense van toepassing.As dit nie na rasisme klink nie is appartheid 'n vulletjie.
Lewer kommentaar op PieterJohann Marx - 20/09/12 om 07:02:54
Wat 'n verrassing om Adriana Stuijt hier raak te lees.....reg uit Nederland? Is dit nie pateties dat die meerderheid van die land wetgewing nodig het om hulle in posisies in te forseer wat hulle nooit met natuurlike talent, potensiaal en entrepeneurskap kan behaal nie? Die "thick gravy" van die sous-trein is vinnig besig om in 'n "lang sous" te verander....want daar's net teveel snoete in die trog!!
Lewer kommentaar op Johann MarxLewer kommentaar op hierdie berig













18/05/13 om 01:12:38
Nuwe Smouswet gekheid
jaap sę:
"Die wet is strydig met die grondwet en daarom ongeldig. Die grondwet bepaal..."
17/05/13 om 11:30:12
Vrystaat Stadion meer leefbaar
J.Meyer sę:
"Solank daar drank te koop aangebied word,en duidelik besope mense toegelaat..."
16/05/13 om 10:02:15
Nog twee plaasaanvalle
Barend Kruger sę:
"Nee, dit moet tot Volksmoord status gedryf word want dit is presies wat dit..."
17/05/13 om 08:28:45
Onrusbarende berigte
FRans Malherbe (Skuilnaam sę:
"Stem saam met Olivier.
Gee my die coordinate, dan kyk ons daarna me..."