wordpress visitor
Węreledrenosterdag gevier - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

Węreledrenosterdag gevier

Kommentaar (1)

27/09/12

· Redaksie

Vyf renosterspesies vir altyd!  Dit is die tema van vanjaar se Wêreldrenosterdag wat op 22 September gevier is. Wêreldrenosterdag word van 2010 af jaarliks gevier om die publiek bewus te maak van die lot van renosters wat stropers ten prooi val. Suid-Afrika, wat nou die grootste bevolkings van swart- en witrenosters huisves, word toenemend deur stropersindikate geteiken. In 2007 is slegs 13 renosters in die land gestroop, in 2008 was dit 83, in 2009 122, in 2010 333 en verlede jaar 448. Vanjaar is tot dusver reeds meer as 400 stropings uitgevoer. Die WWF het SA onlangs in ’n verslag ’n geelkaart gegee oor sy hantering van bedreigde spesies. In die verslag loop veral Viëtnam deur as sondebok as bestemming vir renosterhoring, terwyl Thailand ’n rooi kaart kry vir gebrekkige wetgewing en wetstoepassing t.o.v. handel in olifanttande. China kry ’n geelkaart vir ivoorhandel, maar Indië en Nepal kry groen kaarte vir hul bewaring van bedreigde spesies. Nepal word geloof omdat daar in 2011 geen voorvalle van renosterstropery in dié land aangemeld is nie.

Kategorie: Omgewing

Wanda - 28/09/12 om 10:47:12

Dit lyk my hoe meer mense probeer om die stropery te keer hoe meer word die renosters gestroop. Daar is nie een persoon wat dit kan keer nie, maar dit sal nogal help as al die een persone saam staan (veral organisasies) en iets daadwerkliks doen. Ek weet nie, maar iets moet nou gedoen word. Hulle is sulke pragtige diere. Ek sę net hoe kan jy iets of iemand seer / dood maak as jy LIEFDE in jou hart het?

Lewer kommentaar op Wanda
Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):

Lewer kommentaar op hierdie berig

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

In die nuus

Gesprekke aan die gang

23/05/13 om 03:45:47

Entrepreneurskap as teenvoeter vir werkloosheid

Piet Mulder sę:

"Pragtige idee, maar ek weet van verskeie families wat hulle eie besighede b..."


23/05/13 om 12:03:55

Nuwe boek oor slawe in SA geskiedenis

Jaco de Beer sę:

"Interessant dat dit juis die Engelse was wat probeer het om die "slawe" eti..."


23/05/13 om 09:54:25

Verpolitisering van onderwys

Willie sę:

"Wat n klomp twak.Dit gaan by ons as ouers berus om ons kinders die waarheid..."


23/05/13 om 01:52:43

“Regstellende” wette ondermyn werkskepping

C. Visser sę:

"Daar is baie ander redes vir werkloosheid. In ons dorp dien verpleegperson..."