wordpress visitor
Nala Munisipaliteit in finansiële nood - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

Nala Munisipaliteit in finansiële nood

Kommentaar (0)

27/09/12

· Redaksie

Inwoners van die Nala munisipale area is teleurgesteld en kwaad omdat die Nasionale Tesourie weier om verdere toekennings vir kapitale werke en infrastruktuur aan die munisipaliteit te doen.  Die rede hiervoor is dat munisipale amptenare die toekennings wat vir genoemde doeleindes geoormerk was, gebruik het om salarisse mee te betaal. Die VF  Plus in die Nala Munisipale Raad sê die probleem het grootliks ontstaan toe die munisipaliteit vir 22 maande nie rekenings uitgestuur het vir dienste wat aan belastingbetalers gelewer is nie. Alhoewel byna geen inkomste in die 22 maande ontvang is nie, het munisipale amptenare steeds hulle hoë salarisse ontvang.  Dit het veroorsaak dat die infrastruktuur wat reeds in ’n haglike toestand was, nog verder verswak het.Volgens die VF Plus het die onbevoegdheid van die amptenare, wat die uitsluitlike gevolg is van regstellende aksie en kaderontplooiing, tot gevolg dat die toekennings vir kapitale werke en infrastruktuur nie meer aan die munisipaliteit betaal gaan word nie.

Kategorie: Dienslewering

Lewer kommentaar op hierdie berig

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

In die nuus

Gesprekke aan die gang

23/05/13 om 03:45:47

Entrepreneurskap as teenvoeter vir werkloosheid

Piet Mulder sę:

"Pragtige idee, maar ek weet van verskeie families wat hulle eie besighede b..."


23/05/13 om 12:03:55

Nuwe boek oor slawe in SA geskiedenis

Jaco de Beer sę:

"Interessant dat dit juis die Engelse was wat probeer het om die "slawe" eti..."


23/05/13 om 09:54:25

Verpolitisering van onderwys

Willie sę:

"Wat n klomp twak.Dit gaan by ons as ouers berus om ons kinders die waarheid..."


23/05/13 om 01:52:43

“Regstellende” wette ondermyn werkskepping

C. Visser sę:

"Daar is baie ander redes vir werkloosheid. In ons dorp dien verpleegperson..."