Reaksie op hofuitspraak oor e-tol
Kommentaar (1)
27/09/12
· Redaksie
In reaksie op die uitspraak van die Grondwethof om die interdik teen die Gautengse e-tolstelsel op te hef, sê adv. Anton Alberts van die VF Plus: "Op 'n streng interpretasie van die leerstuk van die skeiding van magte het die Grondwetshof waarskynlik 'n korrekte interpretasie van die reg gegee, maar die eintlike probleem by die afdwing van die e-tolstelsel is nog nie aangespreek nie. Die feit is dat die e-tolstelsel slegs kan werk indien die AARTO-stelsel werk en daar bestaan 'n legio van bewyse dat AARTO glad nie wettiglik funksioneer nie. Kennisgewings word uitgereik sonder dat die afleweringsvereistes in terme van artikel 30 nagekom word, die Padverkeersoortedingsagentskap is heeltemal onderbeman en boetes word uitgestuur sonder behoorlike beoordeling en bevestiging van oortredersinligting. Teen hierdie agtergrond gaan die VF Plus saam met ander rolspelers die moontlikheid ondersoek om 'n interdik teen AARTO aan te vra hangende die behoorlike implementering van die stelsel,” aldus Alberts. Inmiddels het AfriForum in hul reaksie op die uitspraak ʼn beroep op motoriste gedoen om steeds nie vir e-tol te registreer nie. AfriForum wys daarop dat die hofuitspraak bloot oor die interdik gehandel het en dat die Bondgenootskap Teen Stedelike Tol (Outa) se hoofaansoek nog aangehoor moet word, terwyl daar uitstaande kennisgewings rakende tariewe en kwytskeldings is wat nog in die Staatskoerant gepubliseer moet word.
Anton - 28/09/12 om 06:01:46
Al die mense met hulle regskwalifikasies spreek die e-tol stelsel aan, maar lig nie die belangrikste feit uit nie, nl: 1) Ons betaal reeds belasting op die petrolprys wat vir paaie se bou en opgradering bedoel is. Hoekom moet ons as belastingbetaler dubbel betaal vir die gebruik van die paaie? 2) Die belastingbetaler of publiek is glad nie die kans gegun om hul mening te lig oor die e-tol stelsel nie. 3) Hoekom is die administrasie van die betaalstelsel aan 'n oorsee se maatskappy toegeken? 4) Volgens my kennis mag daar nie weer belasting op bestaande paaie gehef word nie, maar die bestaande Nasionale paaie is getol en ons moes maar gelief neem daarmee. Niemand het die regering ooit aangevat oor dit nie en dit het maar net weer oorgewaai en ons betaal maar net. Ek is moeg daarvoor om geboelie te word deur die konglomorate en gedwing te word om by hulle doen en late in te val en net te betaal en betaal. Ek het nie die publieke aansien of geld om 'n massaoptog teen hierdie stelsel te staan nie. Is daar nie 'n groot organisasie wat bereid is om vir ons Jan en Alleman te veg nie?
Lewer kommentaar op AntonLewer kommentaar op hierdie berig













16/06/13 om 11:29:33
“Parlement laat mense in die steek”
Izak du Toit sę:
"Is die parlement net bymekaarkom plek vir "slapende obuus"lede van ons ANC ..."
16/06/13 om 11:15:17
Sasol miljarde rand uit die sak
Izak du Toit sę:
"Is dit maak ook ons belastinggeld wat aangewend word vir brandstof wat ons ..."
16/06/13 om 11:10:12
Beweerde Libiese miljarde vir wapentuig
Izak du Toit sę:
"So ons ondersteun nou ook Al Quada- en hoeveer van die R na Zuma en sy Anc ..."
12/06/13 om 11:04:56
Ditsem: Naamsaanpassing
C P du Toit sę:
"Maak absoluut sin. Die naam dek nou ons hele land se nuus en dinge.
..."