Regering losmaak van Europese bande
Kommentaar (0)
27/09/12
· Redaksie
In ’n mediaverklaring sê die VF Plus dit is bekommerd oor die besluit van die Dept. van Handel en Nywerheid om nie beleggingsbeskermingkontrakte met internasionale handelsvennote, soos die EU-lidlande, te hernu nie. Hierdie kontrakte bied, onder andere, waarborge aan handelsvennote teen die nasionalisering van die betrokke lande se bates in Suid-Afrika. "Dit blyk dat die departement bloot die kontrakte laat verval het soos die een na die ander opkom vir hernuwing. Hierdie besluit laat mens wonder of die regering bang is dat hulle miljarde rande skadevergoeding aan handelslande sal moet betaal indien daar besluit sou word om te nasionaliseer. Hierdie besluite is vreemd teen die agtergrond dat die beleggingsbeskermingkontrak tussen Suid-Afrika en Zimbabwe wel in stand gehou word,” aldus die VF Plus. Inmiddels word berig dat die regering ook nie ’n verdedigingskontrak met Brittanje hernu vir gesamentlike weermagsopleidingsgeriewe in Pretoria, ook ten bate van ander Afrikalande, nie.
Lewer kommentaar op hierdie berig













24/05/13 om 08:35:45
Op die Markplein
Carries sę:
"wat dan van 'n ou fototjie van hoe die krippe lyk - 'n boer hou da..."
23/05/13 om 03:45:47
Entrepreneurskap as teenvoeter vir werkloosheid
Piet Mulder sę:
"Pragtige idee, maar ek weet van verskeie families wat hulle eie besighede b..."
23/05/13 om 12:03:55
Nuwe boek oor slawe in SA geskiedenis
Jaco de Beer sę:
"Interessant dat dit juis die Engelse was wat probeer het om die "slawe" eti..."
24/05/13 om 08:39:08
Verpolitisering van onderwys
Carries sę:
"wat ek verder wou bysę is dat as die leuen lank genoeg as die waarheid voor..."