wordpress visitor
Volksvergadering te Majuba - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

Volksvergadering te Majuba

Kommentaar (1)

27/09/12

· Redaksie

Die vierde Volksvergadering van die Geloftevolk van Suid-Afrika vind DV plaas 5 - 7 Oktober 2012 te Majuba kampterrein naby Volksrust. Daartydens word beoog om ’n plan bekend te stel gebaseer op die vorige drie Volksvergaderings se besluite en wat ten doel het verwesenliking van soewereiniteit van die volk aan die hand van Bybelse voorskrifte. Volgens ’n mediaverklaring, bevat die dokument Die pad vorentoe die bewoording van die Gelofte van Bloedrivier en verduidelik hoe soewereiniteit daarmee in verband staan. Verder vestig die dokument aandag op die Bybelse profesie m.b.t. volk. Oor die term “volksmoord”,  lui die mediaverklaring dat die huidige toedrag van sake in die land beskou moet word as “‘n strafgerig ter bekering. Die oënskynlike volksmoord van die afgelope 18 jaar en gekenmerk deur wreedaardige moorde, martelings, verminkings, verkragtings, gewapende rowe, ens. is nie noodwendig primêr die skuld van die geweldenaars nie, aangesien ‘volksmoord’ vir die Skrifgelowige volk ook ʼn interne skuldoorsaak kan hê. Die dokument kan afgelaai word by www.volksvergadering.co.za. Vir meer besonderhede, kontak dr. Ronnie van der Merwe 02072 vra 2221 of Flip Swanepoel 082 455 4303, of Phillip Groenenstein 083 3341 547, of epos vrkomitee@gmail.com.

Kategorie: Erfenis

Ernst Swanepoel - 01/10/12 om 10:13:16

Ek is een van die ondersteuners van die Volksvergadering. Daar is 'n paar aspekte waarop ek antwoorde soek: Eerstens is ek nie 'n "Boer" nie. Ek het in Johannesburg groot geword. Tweedens het ek 'n weerstand teen die AWB uniform en 777 simbool en derdens dink ek die geveg wat vir ons Volk voorle is op geestelike en verwante kulturele gebied. Ons is deel van Afrika en kan nie oorheersing van een volk oor ander meer voorstaan nie.
Is ek nog by die regte plek?

Lewer kommentaar op Ernst Swanepoel
Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):

Lewer kommentaar op hierdie berig

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

In die nuus

Gesprekke aan die gang

18/05/13 om 01:12:38

Nuwe Smouswet “gekheid”

jaap sę:

"Die wet is strydig met die grondwet en daarom ongeldig. Die grondwet bepaal..."


17/05/13 om 11:30:12

Vrystaat Stadion meer leefbaar

J.Meyer sę:

"Solank daar drank te koop aangebied word,en duidelik besope mense toegelaat..."


16/05/13 om 10:02:15

Nog twee plaasaanvalle

Barend Kruger sę:

"Nee, dit moet tot Volksmoord status gedryf word want dit is presies wat dit..."


17/05/13 om 08:28:45

Onrusbarende berigte

FRans Malherbe (Skuilnaam sę:

"Stem saam met Olivier.
Gee my die coordinate, dan kyk ons daarna me..."