Ace-ondersteuners intimideer prokureurs
Kommentaar (0)
27/09/12
· Redaksie
In ’n ooglopende poging om selfs die prokureurs van hul teenstanders te intimideer, het ’n groep ANC-ondersteuners van premier Ace Magashule die kantore van Bezuidenhout Prokureurs in Bloemfontein beset. Bezuidenhouts is die regsverteenwoordigers van die ANC-faksie onder voormalige LUR vir Ekonomiese Sake Mxolisi Dukwana wat in ’n hofstryd teen Magashule gewikkel is oor die regsgeldigheid van die ANC provinsiale leierskapverkiesing twee maande gelede. Die oproeriges, wat met busse aangery is, het in die kantore gesing en dans en gesê hulle sal nie padgee totdat hulle almal afskrifte van die hofdokumente van 300 bladsye ontvang het nie. Mnr. Stephan Bezuidenhout van Bezuidenhouts het hierop gesê slegs respondente wat skriftelik kennis gegee het dat hulle die aansoek gaan teenstaan, is geregtig op die dokumentasie. Ondanks ’n oproep na die Polisie om die oproeriges tot bedaring te kom bring, het die Polisie net verkeer gereguleer en die kantoor verlaat sonder om met die oproeriges te praat. Die besetters het later die kantoor self verlaat.
Lewer kommentaar op hierdie berig













16/06/13 om 11:29:33
“Parlement laat mense in die steek”
Izak du Toit sę:
"Is die parlement net bymekaarkom plek vir "slapende obuus"lede van ons ANC ..."
16/06/13 om 11:15:17
Sasol miljarde rand uit die sak
Izak du Toit sę:
"Is dit maak ook ons belastinggeld wat aangewend word vir brandstof wat ons ..."
16/06/13 om 11:10:12
Beweerde Libiese miljarde vir wapentuig
Izak du Toit sę:
"So ons ondersteun nou ook Al Quada- en hoeveer van die R na Zuma en sy Anc ..."
12/06/13 om 11:04:56
Ditsem: Naamsaanpassing
C P du Toit sę:
"Maak absoluut sin. Die naam dek nou ons hele land se nuus en dinge.
..."