Meer lig op plaasaanvalle
Kommentaar (3)
27/09/12
· Redaksie
Op die 115de jaarkongres van TLU SA in Pretoria het dr. Dirk Hermann van Solidariteit in ‘n toespraak gesê dat bewerings van Minister van Polisie Nathi Mthethwa dat die meerderheid van plaasaanvalle die gevolg is van loongeskille tussen werknemers en werkgewers, “van sy linkerduim afkomstig is.” Hermann het voorts gesê dat die eerste uitgawe van die boek Treurgrond wat in 2011 verskyn het, nou bygewerk word en en dat sowat 500 nuwe aanvalle reeds bygevoeg is. Dié uitgawe sal meer visueel wees en onder meer kunswerke oor plaasaanvalle deur die kunstenaar Pauline Gutter insluit. Die boek sal na verwagting voor die einde van die jaar deur Kraal Uitgewers vrygestel word. “Wat kort in die resep teen plaasmoorde? Die antwoord is die politieke wil van die regering. Daar is ’n koudheid van die regering teenoor plaasmoorde”, aldus Hermann.
Kategorie: Blanke moord
Louis van Ryneveld - 27/09/12 om 06:14:22
"Daar is ’n koudheid van die regering teenoor plaasmoorde,” sê dr Herman. My vermoede is eerder dat die reekse der reekse wreedaardige moorde van plaasmense die huidige bewind baie pas; dit kan selfs 'n onderdeel van versweë beleid wees.
Lewer kommentaar op Louis van RyneveldKiewiet Bronkhorst - 27/09/12 om 06:40:55
Die laaste woorde oor plaasmoorde is nog nie gespreek nie. En solankas wat die blanke volk in hierdie land, wat die teiken is van plaasaanvalle voortgaan met protesoptogte, houtkruise plant, motoroptogte en versoekskrifte an die swart regeerders en ambasades en dan ook nog moet luister na sulke snert soos dat daar 'n koudheid is in die regering daaroor, van geleerde here, sal die slagting voortduur.
Moet 'n Volk nie sy God raadpleeg nie.Dit is gedoen voor die Slag van Bloedrivier.
Lees op www.volksvergadering.co.za 'n bietjie meer hieroor. Op verskeie van die drade oor plaasmoorde op die webwerf van Boerevryheid is daar ook bydraes hieroor waarvan die Volk, vir hulle eie beswil, moet kennis neem.
Johann Marx - 27/09/12 om 10:39:09
As die regering ons boedelbelasting wil hê, moet hulle ons aan die lewe hou totdat ons op 'n natuurlike manier aan die einde van ons lewe kom. Ek het hierdie voorstel met Mnr Hermann bespreek.....Artikel 184.2(b) van die Konstitusie verplig die Menseregte Kommissie om persone wie se regte geskend is by te staan in 'n eis van restitusie en kompensasie. Waarom het geen burgerregte drukgroep die MRK gevra vir 'n uitspraak oor of vermoorde boere se regte geskend is nie? Indien wel, dan behoor die MRK 'n restitusie en kompensasie eis namens die slagoffer in te dien wat sy naasbestaandes totaal kwytskeld van enige vorm van boedel- en ander belastings....want die regering het hierdie individue gefaal. Daar is 'n regsbeginsel wat lui "hy wat sy ouers vermoor, verbeur die reg om te erf". Die regering wat toelaat dat sy populasie vermoor word, verbeur die "reg" tot boedel- en ander belasting van die vermoorde se naasbestaandes. Die oomblik wat dit gaan gebeur, sal die regering begin om aandag aan die probleem te gee.....maar huidiglik "maak hulle geld" uit misdaad en moord. Op elke Rand wat die misdaad-voos publiek spandeer, hetsy om misdaad te voorkom, of die nagevolde daarvan reg te stel, gryp die regering 14% BTW. Dit op na-belaste geld wat ons spandeer om die gevolge van die regering se versuim om sy plig teenoor ons na te kom, by 'n privaat verskaffer van daardie diens te "koop"???? Dis 'n skande....
Lewer kommentaar op Johann MarxLewer kommentaar op hierdie berig













24/05/13 om 08:35:45
Op die Markplein
Carries sê:
"wat dan van 'n ou fototjie van hoe die krippe lyk - 'n boer hou da..."
23/05/13 om 03:45:47
Entrepreneurskap as teenvoeter vir werkloosheid
Piet Mulder sê:
"Pragtige idee, maar ek weet van verskeie families wat hulle eie besighede b..."
23/05/13 om 12:03:55
Nuwe boek oor slawe in SA geskiedenis
Jaco de Beer sê:
"Interessant dat dit juis die Engelse was wat probeer het om die "slawe" eti..."
24/05/13 om 08:39:08
Verpolitisering van onderwys
Carries sê:
"wat ek verder wou bysê is dat as die leuen lank genoeg as die waarheid voor..."