wordpress visitor
Inhegtenisname van Malema - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

Inhegtenisname van Malema

Kommentaar (3)

27/09/12

· Redaksie

Die burgerregte- organisasie AfriForum, wat verlede jaar op 24 Julie ’n klag van korrupsie teen Julius Malema by die SAPD ingedien het, het die nuus oor Malema se uiteindelike inhegtenisname op hierdie korrupsieklagtes verwelkom. Die Valke en die AfriForum ondersoekeenheid word gelukgewens met die professionele wyse waarop hulle hul onderskeie ondersoeke teen Malema aangepak het, wat uiteindelik tot die inhegtenisname gelei het. AfriForum se klag teen Malema is destyds in terme van die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Bedrywigheid (Wet 12 van 2004) teen Malema by die Brooklyn polisiestasie in Pretoria ingedien. Dié klag het verband gehou met die feit dat Malema na bewering die Ratanang Familie Trust, waarvan hy die enigste trustee is, sou gebruik as voertuig om betaling van besigheidspersone te ontvang, in ruil vir sy hulp aan dié besigheidspersone om regeringstenders te bekom. Volgens AfriForum is dit skandalig dat iemand soos Malema, wat daarop roem dat hy armes verteenwoordig, volgens die uitslag van die ondersoeke teen hom die staatskas help plunder huet om homself te verryk ten koste van dienslewering aan behoeftiges.

Kategorie:

Paul Kruger - 28/09/12 om 09:11:17

U koerant word met waardering ontvang en gelees as waardevolle toevoeging tot die skrapse goeie inligtingsbronne waaroor die vryheidsliewende deel van ons volk beskik. My opreg-bedoelde mening rondom 'n enkele punt deel ek egter met u: 'n Goeie publikasie se objektiwiteit word nie deur negatiewe- OF positiewe vooroordeel vertroebel nie. Ongelukkig blyk laasgenoemde weer uit die Malema-inhegtenisname artikel. Geen Suid-Afrikaner met effense kennis van die magspel in die ANC, glo tog vir een oomblik dat Malema se arres enigiets met die AfriForum-klag te doen het nie. Indien enigiets, dan verskaf die klag bloot 'n voorwendsel vir die Zuma-kliek; wat hulle egter nie nodig het nie aangesien enigeen van hulle so klag aanhangig kon maak. Malema is 'n gevaar vir Zuma - dit is die enkele rede waarom hy gearresteer is.

Op 'n ander noot (wat dalk hierby aansluit?): Ek stem 100 persent met u saam (verwysende na u laaste berig oor "skeiding") dat ons "daadwerklik, kundig en sonder omdraai" met 'n beroep op (onder andere) Art. 235 by selfbeskikking moet uitkom. Juis hiervoor het 36 000 mense hulleself REEDS op die VVK se kieserslys laat registreer, en 'n mandaat vir 'n verkose Volksraad gegee om ons hierin voor te gaan. Nie net op grond van 235 nie, maar ook die Volkereg. Hoekom propageer u nie hierdie inisiatief nie, maar stel iets anders voor?

- Paul Kruger
Pretoria

Lewer kommentaar op Paul Kruger
Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):

wanda luus du plessis - 28/09/12 om 10:01:38

Ek stem heelhartig saam met die kommentaar van mnr Paul Kruger.

Lewer kommentaar op wanda luus du plessis
Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):

Christiaan le Roux - 28/09/12 om 12:07:07

Die woord 'inhegtenisname' of 'arres' impliseer dat 'n persoon toegesluit word totdat hy borg betaal of in 'n hof verskyn. Malema het 'n ooreenkoms met die Valke gehad dat hy homself by die hof sou 'oorgee'. Sou so 'n toegewing elke burger van hierdie land beskore wees?

Lewer kommentaar op Christiaan le Roux
Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):

Lewer kommentaar op hierdie berig

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

In die nuus

Gesprekke aan die gang

24/05/13 om 08:35:45

Op die Markplein

Carries sę:

"wat dan van 'n ou fototjie van hoe die krippe lyk - 'n boer hou da..."


23/05/13 om 03:45:47

Entrepreneurskap as teenvoeter vir werkloosheid

Piet Mulder sę:

"Pragtige idee, maar ek weet van verskeie families wat hulle eie besighede b..."


23/05/13 om 12:03:55

Nuwe boek oor slawe in SA geskiedenis

Jaco de Beer sę:

"Interessant dat dit juis die Engelse was wat probeer het om die "slawe" eti..."


24/05/13 om 08:39:08

Verpolitisering van onderwys

Carries sę:

"wat ek verder wou bysę is dat as die leuen lank genoeg as die waarheid voor..."