Internasionale ontwikkelingshulp daal
Kommentaar (0)
05/10/12
· Redaksie
Uit ‘n VN-verslag van die MBG Gapingtaakspan blyk dit dat Westerse lande in 2011 3% minder aan ontwikkelingshulp in ontwikkelende beskikbaar gestel het as die vorige jaar - die eerste beduidende afname sedert 1997. Dit het betrekking op die ontwikkelingsfondse wat 23 skenkerlande aan die VN Ontwikkelingshulpkomitee van die OECD beskikbaar stel. 16 van dié lande het in 2011 hul bydraes verminder. Griekeland se daling in hulp het 39% beloop, terwyl nog een van die spartelende Pigs-lande, Spanje, se ontwikkelingshulp met 32% gedaal het. Oostenryk met 14%, België met 13% en Japan met 10,9% minder het ook erg teruggesnoei, terwyl Nederland, Swede, Noorweë en Luxemburg se hulp dieselfde gebly het. Dit is egter reeds bekend dat Nederland, een van die min lande wat by die VN-riglyn van 0,7% van die BNP vir ontwikkelingshulp hou, ook hierop gaan terugsnoei.
Lewer kommentaar op hierdie berig













18/05/13 om 01:12:38
Nuwe Smouswet gekheid
jaap sę:
"Die wet is strydig met die grondwet en daarom ongeldig. Die grondwet bepaal..."
17/05/13 om 11:30:12
Vrystaat Stadion meer leefbaar
J.Meyer sę:
"Solank daar drank te koop aangebied word,en duidelik besope mense toegelaat..."
16/05/13 om 10:02:15
Nog twee plaasaanvalle
Barend Kruger sę:
"Nee, dit moet tot Volksmoord status gedryf word want dit is presies wat dit..."
19/05/13 om 06:27:41
Onrusbarende berigte
Carries sę:
"Is daar iemand wat hierdie ko-ordinate kan verskaf ???..."