wordpress visitor
Tibet nou tronk – Tibettaanse leier - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

Tibet nou tronk – Tibettaanse leier

Kommentaar (0)

05/10/12

· Redaksie

Die speaker van die Tibettaanse parlement in ballingskap het China daarvan beskuldig dat Tibet nou ‘n reuse gevangeniskamp is, met krygswet wat steeds geld. Penpa Tsering het ‘n groot vierdaagse saamtrek van Tibettane in ballingskap wat van oor die hele wêreld saamgetrek het, in die Indiese dorp Dharamshala toegespreek. Dit was die eerste saamtrek van dié aard sedert die Dalai Lama van sy amp as politieke leier van die Tibettane afstand gedoen het. Die verwagte regeringsverandering binnekort in China is ‘n belangrike besprekingspunt. Die Tibettane is hoopvol dat Xi Jinping as toekomstige Chinese leier meer genaakbaar sal wees. Die geleentheid word egter ook gedemp deur die onlangse dood van meer as 50 Tibettane wat hulself geoffer het uit protes teen die Chinese oorheersing. Tibet was ‘n land op sy eie tot 1950 toe die Chinese Kommuniste beheer daaroor oorgeneem het.

Kategorie: Internasionale politiek

Lewer kommentaar op hierdie berig

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

In die nuus

Gesprekke aan die gang

16/06/13 om 11:29:33

“Parlement laat mense in die steek”

Izak du Toit sę:

"Is die parlement net bymekaarkom plek vir "slapende obuus"lede van ons ANC ..."


16/06/13 om 11:15:17

Sasol miljarde rand uit die sak

Izak du Toit sę:

"Is dit maak ook ons belastinggeld wat aangewend word vir brandstof wat ons ..."


16/06/13 om 11:10:12

Beweerde Libiese miljarde vir wapentuig

Izak du Toit sę:

"So ons ondersteun nou ook Al Quada- en hoeveer van die R na Zuma en sy Anc ..."


12/06/13 om 11:04:56

Ditsem: Naamsaanpassing

C P du Toit sę:

"Maak absoluut sin. Die naam dek nou ons hele land se nuus en dinge.
..."