Grafte in Helde-akker skoongemaak
Kommentaar (2)
05/10/12
· Redaksie
Die grafte van 10 van die bekendste Suid-Afrikaners in die Helde-akker in die Pretoria-kerkhof word tans opgeknap en met vars blomme bedien, danksy Quentin Meyer, ‘n 30-jarige eiendomsagent van Pretoria en ‘n groep van 100 vrywilligers. Hulle beplan om op Saterdag, 20 Oktober, by die Kerkstraat-kerkhof – wes van die middestad – bymekaar te kom en gewapen met besems, borsels en emmers vol water die grafte op te knap. ‘n Spreker sal ook kortliks die geskiedenis van elke persoon met die mense deel. Almal wat hul verlede koester, word genooi om aan dié skoonmaakaksie deel te neem. Quentin vertel sy belangstelling in en liefde vir die kultuur en geskiedenis van Pretoria en sy ontslape inwoners, spruit uit ‘n saadjie wat sy ma jare gelede by hom geplant het. Op 5 Augustus vanjaar het dié oud-skolier van Hoërskool Gerrit Maritz daad by die woord gevoeg toe hy en 100 vrywilligers op Kerkplein die standbeeld van pres. Paul Kruger skoongemaak het. Meyer kan gekontak word by sel 082 304 8985 of epos quentin@aidasa.co.za.
Kategorie: Erfenis
hans combrink - 05/10/12 om 07:53:07
Bravo en dankie! Ek sou so` graag aan die aksie wou deelneem, maar sit ongelukkig in die Ivoorkus. Hoop julle kom ook by my grootoom se graf uit. Hans Strijdom was my ouma se broer.
Lewer kommentaar op hans combrinkhans combrink - 05/10/12 om 07:54:03
Bravo en dankie! Ek sou so` graag aan die aksie wou deelneem, maar sit ongelukkig in die Ivoorkus. Hoop julle kom ook by my grootoom se graf uit. Hans Strijdom was my ouma se broer.
Lewer kommentaar op hans combrinkLewer kommentaar op hierdie berig













18/05/13 om 01:12:38
Nuwe Smouswet gekheid
jaap sę:
"Die wet is strydig met die grondwet en daarom ongeldig. Die grondwet bepaal..."
17/05/13 om 11:30:12
Vrystaat Stadion meer leefbaar
J.Meyer sę:
"Solank daar drank te koop aangebied word,en duidelik besope mense toegelaat..."
16/05/13 om 10:02:15
Nog twee plaasaanvalle
Barend Kruger sę:
"Nee, dit moet tot Volksmoord status gedryf word want dit is presies wat dit..."
17/05/13 om 08:28:45
Onrusbarende berigte
FRans Malherbe (Skuilnaam sę:
"Stem saam met Olivier.
Gee my die coordinate, dan kyk ons daarna me..."