wordpress visitor
CDP oor moontlike nuwe DA-geleide opposisie - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

CDP oor moontlike nuwe DA-geleide opposisie

Kommentaar (2)

05/10/12

· Redaksie

In ‘n mediaverklaring sê die Christen-Demokratiese Party (CDP), in reaksie op oproepe tot nouer opposisiesamewerking en selfs die vorming van ‘n nuwe party, wat alle moontlike opposisie tot die ANC sal insluit: “Oor die jare het ons aangedui dat ons nie met die DA se liberale beleid of gebrek aan beleid oor kwessies soos aborsies, dobbel en huwelike van dieselfde geslag saamstem nie. Inteendeel, toe die DA se voorganger, die DP, met die Federale Alliansie saamgesmelt het, is die godsdienslessenaar van die FA op aandrang van die DP ontbind. Ons sien min vooruitsigte vir ‘n nuutgevormde party as sy lede nie oor beleid saamstem nie, of op beginselgronde gekant is teen sleutelsapekte van die beleid nie, met die enigste gemene deler om die ANC te stuit. Ons glo dat die vorming van ‘n ander tipe opposisiesamewerking, waar elkeen steeds sy eie beleid kan uitleef en in pas met sy beginsels kan wees, as meer geskik.”

Kategorie: Politiek

Hugo Rademeyer - 08/10/12 om 04:19:30

Met die laaste verkiesing het ek vir die DA gestem bloot omdat ek van mening was dat as ons een party ondersteun dit 'n effektiewe opposisie kan vorm. Volgens die stempersentasies het dit geblyk korrek te gewees het.
Ek wil dit egter duidelik stel: Die DA is steeds 'n Engelse party wat geensins in die Afrikaner en sy belange belangstel nie. Dit gebruik bloot die Afrikaner se stem om mag te bekom. Hulle bly in der ware navolgers van manne soos Cecil John Rhodes te wees.
As u nie met my saamstem nie sal ek dit verstaan, maar neem die vrymoedigheid om my verkeerd te bewys.

Lewer kommentaar op Hugo Rademeyer
Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):

Johann - 13/10/12 om 11:47:45

Waarom sal enige iemand probeer om jou verkeerd te bewys? Jy is absoluut reg. Niemand in hierdie land kan die "Afrikaner" se belange beskerm nie, want nie een die "Afrikaner" self weet wat sy "belange" is nie!! As drie "Afrikaners" op 'n verlate eiland uitspoel stig een 'n politieke party, die tweede een 'n kerk...en die derde een stig af van die eerste twee af!!

Lewer kommentaar op Johann
Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):

Lewer kommentaar op hierdie berig

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

In die nuus

Gesprekke aan die gang

16/06/13 om 11:29:33

“Parlement laat mense in die steek”

Izak du Toit sę:

"Is die parlement net bymekaarkom plek vir "slapende obuus"lede van ons ANC ..."


16/06/13 om 11:15:17

Sasol miljarde rand uit die sak

Izak du Toit sę:

"Is dit maak ook ons belastinggeld wat aangewend word vir brandstof wat ons ..."


16/06/13 om 11:10:12

Beweerde Libiese miljarde vir wapentuig

Izak du Toit sę:

"So ons ondersteun nou ook Al Quada- en hoeveer van die R na Zuma en sy Anc ..."


12/06/13 om 11:04:56

Ditsem: Naamsaanpassing

C P du Toit sę:

"Maak absoluut sin. Die naam dek nou ons hele land se nuus en dinge.
..."