Obama tweede in eerste debat
Kommentaar (0)
05/10/12
· Redaksie
Kenners is dit bykans eens dat die Republikeinse presidentskandidaat, Mitt Romney, die beste daarvan afgekom het in die eerste regstreekse televisiedebat teen pres. Barack Obama. In ‘n CBS-peiling onder onverbonde kiesers het 46% gemeen Romney het die beste gevaar teenoor 22% ten gunste van Obama. In ‘n spesiale kommentaar meen die Los Angeles Times dat Obama “glansloos” was, terwyl Romney “opgekikker” voorgekom het. Een van die moontlike oorsake vir Obama se valerige vertoning is dat hy Romney onderskat het. ‘n Ander moontlike rede is dat hy as president nie meer daaraan gewoond is om teengegaan te word nie. Die koerant wys egter ook daarop dat Romney se vertoning dalk nie vir hom veel in die sak gaan bring nie – hierdie debatte het in die verlede nie ‘n groot impak op die verkiesing gehad nie, en Obama loop in die meeste peilings gemaklik voor. Nogtans meen baie kenners dat Romney nuwe lewe in sy verkiesingsveldtog geblaas het.
Kategorie: Internasionale politiek
Lewer kommentaar op hierdie berig













18/05/13 om 01:12:38
Nuwe Smouswet gekheid
jaap sę:
"Die wet is strydig met die grondwet en daarom ongeldig. Die grondwet bepaal..."
17/05/13 om 11:30:12
Vrystaat Stadion meer leefbaar
J.Meyer sę:
"Solank daar drank te koop aangebied word,en duidelik besope mense toegelaat..."
16/05/13 om 10:02:15
Nog twee plaasaanvalle
Barend Kruger sę:
"Nee, dit moet tot Volksmoord status gedryf word want dit is presies wat dit..."
19/05/13 om 06:27:41
Onrusbarende berigte
Carries sę:
"Is daar iemand wat hierdie ko-ordinate kan verskaf ???..."