Nuwe politieke party
Kommentaar (9)
05/10/12
· Redaksie
In ’n mediaverklaring sê die Federale Vryheidsparty: “Sedert die aanbreek van die multi-kulturele demokrasie in Suid Afrika, het die ANC ‘n pad van kulturele en rasverdeeldheid, korrupsie en wanadministrasie geloop, wat op die lang duur Suid-Afrika gaan vernietig. Daar is baie mense in die land wat na ‘n nuwe oplossing soek – ‘n nuwe politieke bestel of model, wat regverdig is teenoor alle bevolkingsgroepe, as teenvoeter vir die ANC se beleid van magsvergryp wat tendoel het om net die ANC elite te bevoordeel. Dus, vir die eerste keer sedert die aanbreek van die nuwe Suid-Afrika is daar ‘n nuwe party wat sy toetrede tot die politieke hoofstroom aankondig, wat daardie nuwe en regverdige politieke model as beleid het, en beplan om aan die 2014 nasionale en provinsiale verkiesing te gaan deelneem. Hierdie party is op 19 Augustus 2012 registreer by die OVK as ‘n amptelike politiek party. Tydens ’n perskonferensie op 10 Oktober 2012 om 14:00 te Das Gasthaus, Capital Park, Pretoria sal die Federale Vryheidsparty sy doelstellings, program van beginsels en beleid aan die media bekendstel.”
Kategorie: Politiek
George - 05/10/12 om 08:49:46
Lig ons in oor die Federale Vryheidsparty se doelstellings, program van beginsels en beleid aan die media bekendstelling.”
Sal beslis daarna wil kyk en ek glo dit is ALREEDS waarna ek al baie lank soek sonder om eers te weet wat hulle doelstelligs nou al is.
Ek kan en mag nie myself uitdruk soos at ek graag wou nie agv ordentlike media praktyke, maar glo my ek praat in tale.
Jors Terblanche
Pieter - 05/10/12 om 11:16:49
Sommiges ontdek nou eers wat die Vryheidsfront al voor 1994 geweet het en daarom geveg het om art. 235 in die grondwet te kry. Sonder art. 235 is geen vorm van selfbeskikking moontlik nie, of dit nou 'n federasie of konfederasie is of nie. Dalk moet julle kers opsteek by die VF+ oor die verskillende vorme van selfbeskikking wat 'n konfederasie insluit. Nog 'n politieke party wat dieselfde wil doen as die VF+ - Ja-nee verdeel en heers vir die ANC.
Lewer kommentaar op PieterGerhard - 06/10/12 om 11:08:42
Nog 'n fatale poging van sekere persone om deel te neem aan die onwerkbare liberale demokrasie, wat geen oplossing bied vir die Boerevolk se vryheid nie. Met 'n dominasie in die liberale demokrasie van die eenheidstaat vir NSA het enige federale opposisie geen kans nie. Seker maar weer 'n wwerlig afleier om die Vryheid van die Boerevolk te benadeel.
Lewer kommentaar op Gerhardhanscombrink - 06/10/12 om 01:19:10
Pieter,
Verdeel en oorheers kom al baie verder terug as selfs ook die VF of VF+. Sover ek kan onthou was dit al Connie Mulder se NKP wat hiermee begin het. Wat was die doelstellings van die NKP werklik? Of was dit slegs om Connie weer `n plekkie iewers te gegee het na die Inligting debakel? Geen werklike suiwer Afrikaner - belang!Daarna het die AWB en die KP dieselfde gedoen. Daarna het gevolg VF, VF+ en vele ander regse groepe met elkeen sy eie agenda en wat te betwyfel is of hulle ooit werklik die Afrikaner se belange op die hart gedra het.As julle werklike goeie Afrikaners was, waarom het julle nie almal kragte by die HNP destyds ingegooi nie? - Hulle wie eerste die moed gehad het om vir die waarheid te staan. Ek betwyfel in elke geval iemand se integriteit wat deel is van `n onheilige konkoksie soos van vandag.Iemand wat deelneem aan verkiesings saam met God -loses en selfs poste in hulle stelsel aanvaar is wat my betref baie verdag en nie te vertrou nie. Verdeling is nie hier ter sprake nie - eeder integriteit en geloofwaardigheid.
Gavin - 23/12/12 om 08:54:11
So 'n bek moet heuning kry!
Johan Steyn - 08/10/12 om 08:44:19
Ek dink nie nog 'n Party is nodig nie. Al hoe die opposisie sal vorder is samewerking tussen die veskillende huidige opposisie partye.Alhoewel groot veskille tussen hulle bestaan is daar tog genoeg raakpunte om saam teen die ANC hande te vat. Ek is 'n trotse Suidafrikaner met Afrikaans as moedertaal maar het geen behoefte aan 'n boervolk nie. Ons oorlewing lê in samewerking as mense van Suid-Afrika.
Gavin - 23/12/12 om 09:03:59
Ek stem volkome saam Johan. Ek het Ierse oorkoms, maar my Suid Afrikaanse geboorte en Afikaans as huis taal gee my identiteit wat ek oor trots is. Met integriteit en lands burger identiteit kan ons 'n nasie bou wat trotsheid kan verwek. Ek is mal oor my kleurling en selfs swart bure wat so suiwer afrikaans praat. Ons kan leer van ander wêreld nasies wat seëvier soos Taiwan en Brasilië byvoorbeld. Ons het nie selfbedienende politiesie nodig nie! Eendrag maak mag.
hanscombrink - 08/10/12 om 10:13:22
Johan,
Ek sien geen rede dat mens nie kan saamwerk indien jy aan `n Boervolk behoort nie. Jy sal jouself baie beter kan laat geld indien jy bewus is van jou eie identiteit en nie skaam is om dit uit te leef nie.`n Suid - Afrikaner besit geen werklike identiteit, kan homself nie behoorlik definieer nie en daarom soek hy gewoonlik verskoning vir sy bestaan. `n Boer is `n trotse wese (wel - ten miste veronderstel om te wees) en het in die verlede hoeveel kere bewys dat hy die wette van oorlewing bemeester het. Jy kan alleenlik iets vir ander volkere beteken indien jy weet wie jyself is en `n Suid Afrikaner besit nie daardie eienskap nie!
henry - 17/12/12 om 08:30:02
Sit 3 boere op n dorp en jy't 6 politieke partye , 4 kerke en n bar. Mmm nuwe party en klaar in die sop oor wapens en terreur lyk my jul's 'n dom klomp. Plaas dat jul saam werk met groter partye en so n verskil maak met jul stem. 10000 stemme gaan jul nie n onafhankilke staat gee nie. dis net n droom at nooit bereik sal word nie.
Lewer kommentaar op henryJohan Willemse - 18/12/12 om 10:04:40
Henry, Soos Hans Combrink sit jy ook die pot ietwat mis. Die HNP is nie 'n rolspeler in die SA Politiek nie, want hulle speel rugby van die kantlyn af. Hul deelname is onbenullig want hul is nie in betrokke in die spel nie. Jy val weer soos die DA in die Westminster-stelsel van Regering en Opposisie vas, Ons is nou in 'n Veelpartydemokrasie. Elke stem vir 'n kleiner party wat op bepaalde waardes gevestig is, tel. Deur die enkele lede wat verkies word strategies aan te wend kan kleiner partye veel verrig vir hul lede. Vryheidsfront het Art. 235 en ander in die Grondwet in beding, en bou voort vir Afrikaner Vryheid. Buiten geweld, wat ons van tyd tot tyd sien sekere van ons volksgenote probeer, is daar net die onderhandelingstafel wat werk. Vryheidsfront het bewys hulle kan daar sukses behaal, en sal voortgaan. Met groter steun mag dit vinniger gaan; iets wat die multikulturele DA nooit vir die Afrikaer sal kan doen nie.
Lewer kommentaar op Johan WillemseGavin - 23/12/12 om 09:14:27
Afrikaner Vryheid is 'n hoë ideaal wat nooit verwesenlik sal word nie. Dis politieke selfbediening wat die verbrokkeling veroorsaak.
Gerhardus - 19/12/12 om 07:38:45
Amazing hoe ons blanke volkie STEEDS sukkel om saam te staan en mekaar bly verraai. Ons moet nog groot pak slae kry voor ons gaan besef waaroor dit gaan. Die feit dat die lede gevang is die week dui ook reeds op lekkasies sowel as amateur beplanning. Kry kundiges as julle so iets suksesvol wil uitvoer. Dan sal ons ook eers 'n paar van ons EIE mense uit die pad moet kry om teikens te bereik.
Lewer kommentaar op GerhardusLewer kommentaar op hierdie berig













24/05/13 om 08:35:45
Op die Markplein
Carries sê:
"wat dan van 'n ou fototjie van hoe die krippe lyk - 'n boer hou da..."
23/05/13 om 03:45:47
Entrepreneurskap as teenvoeter vir werkloosheid
Piet Mulder sê:
"Pragtige idee, maar ek weet van verskeie families wat hulle eie besighede b..."
23/05/13 om 12:03:55
Nuwe boek oor slawe in SA geskiedenis
Jaco de Beer sê:
"Interessant dat dit juis die Engelse was wat probeer het om die "slawe" eti..."
24/05/13 om 08:39:08
Verpolitisering van onderwys
Carries sê:
"wat ek verder wou bysê is dat as die leuen lank genoeg as die waarheid voor..."