AfriForum Jeug Kovsies 550 petisies aan UV rektor
Kommentaar (2)
05/10/12
· Redaksie
AfriForum Jeug (AFJ) Kovsies het sowat 550 petisies aan die rektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV), prof. Jonathan Jansen oorhandig. Die petisie hou verband met studente se protes teen die UFS101-eerstejaarsmodule. In ‘n mediaverklaring sê AFJ Kovsies “... hulle het hulself daartoe verbind om op ’n konstruktiewe wyse met die universiteit saam te werk om aandag aan sekere studentekwessies te gee. UFS101 is ’n verpligte module waarin onder meer politiek, geskiedenis en geloofsoortuigings aangeraak word. Onderwerpe in die module soos die betwyfeling van Goddelike ingryping by die slag van Bloedrivier, die gelykstelling van Bloedrivier aan Sharpeville, die skuld wat die Afrikaner vir sy verlede moet dra, die prioritisering van regstellende aksie bo meriete en die debat oor die bestaan van God het die meeste reaksie ontlok. Talle studente meen egter dat hul vryheid van assosiasie en uitdrukking onbillik ingeperk word en dat talle gesprekke in die aanbieding van die module studente se menswaardigheid aantas.” Meer inligting by 084 468 6598 of kovsies@afriforum.co.za.
Louis van Ryneveld - 05/10/12 om 06:41:38
Mooi skoot, studente! Ek is doodgewoon trots trots TROTS op julle! As oud-student en voormalige dosent aan die Universiteit van die ORANJE-Vrystaat vind ek dit doodgewoon walglik dat die universiteit deesdae in sulke onsmaaklike rigtings geneem word. Eers moes die trotse "Oranje-" uit die naam geveeg word; toe moes die universiteit se leuse verander word om die huidige heidense landsbewind ter wille te wees; toe moes die universiteit se sakwapen verfonkfaai word; en nou word studente verplig om teen wil en dank 'n drogkursus te volg. Dankie dat julle die moed gehad het om die kokkedore van die universiteit aan te spreek!
Lewer kommentaar op Louis van RyneveldJohan Steyn - 08/10/12 om 08:51:21
As oud kovsie is ek trots om Prof. Janssen aan stuur van sake te sien. Hy probeer immers om samewerking tussen rasse te bevorder deur saam te praat oor kwessies wat almal in RSA raak. Polarisasie is geen oplossing nie maar wees trots Suid-Afrikaans en dan is daar dalk 'n toekoms vir al die land se burgers. Ons grondwet is 'n onderhandelde dokument van gee en neem en so moet alle burgers wees. Eerder almal 60% tevrede as 'n 100 vs 0 % verdeling !
Lewer kommentaar op Johan SteynLewer kommentaar op hierdie berig













18/05/13 om 01:12:38
Nuwe Smouswet gekheid
jaap sę:
"Die wet is strydig met die grondwet en daarom ongeldig. Die grondwet bepaal..."
17/05/13 om 11:30:12
Vrystaat Stadion meer leefbaar
J.Meyer sę:
"Solank daar drank te koop aangebied word,en duidelik besope mense toegelaat..."
16/05/13 om 10:02:15
Nog twee plaasaanvalle
Barend Kruger sę:
"Nee, dit moet tot Volksmoord status gedryf word want dit is presies wat dit..."
19/05/13 om 06:27:41
Onrusbarende berigte
Carries sę:
"Is daar iemand wat hierdie ko-ordinate kan verskaf ???..."