Orania brei steeds uit
Kommentaar (0)
11/10/12
· Redaksie
In teenstelling met meeste plattelandse dorpe wat die kreeftegang gaan en waar kwalik nuwe geboue verrys, is daar te Orania tans minstens 15 bouprojekte aan die gang.
Een daarvan is die verskuiwing van die gewilde Skinki Kofé koffie- en geskenkwinkel na 'n splinternuwe perseel reg langs die Vanderkloof-Hopetown pad wat deur die dorp loop. Dit staan onder entrepreneurskap van Abraham van Zyl, een van die eienaars en ook eienaar van die OK Grocer en Orion Hardeware.
Van Zyl sê die nuwe gebou van Skinki Kofé, bouwerk waarvan reeds 'n aanvang geneem het, beslaan sowat 160 m² onderdak en sluit in 'n kuierstoep aan twee kante. Dit behoort sitplek te bied vir ongeveer 80 mense.
In die lokaal van die gebou waar Skinki Kofé tans is, word beplan om 'n mediese sentrum in te rig met spreekkamers vir algemene praktisyns van Hopetown, asook vir 'n tandarts en 'n oogkundige. Daar word ook beplan om dit te benut vir 'n depot van die apteke te Vanderkloof en Hopetown.
Intussen het die dorpsbiblioteek verskuif na die perseel in die Kleingeluk-woongebied waar die Maranata Aanbidding Sentrum was voordat dié pas oorgetrek het na hul nuwe gemeentesentrum van sowat R1,5 miljoen.
Kategorie: Orania
Lewer kommentaar op hierdie berig













16/06/13 om 11:29:33
“Parlement laat mense in die steek”
Izak du Toit sę:
"Is die parlement net bymekaarkom plek vir "slapende obuus"lede van ons ANC ..."
16/06/13 om 11:15:17
Sasol miljarde rand uit die sak
Izak du Toit sę:
"Is dit maak ook ons belastinggeld wat aangewend word vir brandstof wat ons ..."
16/06/13 om 11:10:12
Beweerde Libiese miljarde vir wapentuig
Izak du Toit sę:
"So ons ondersteun nou ook Al Quada- en hoeveer van die R na Zuma en sy Anc ..."
12/06/13 om 11:04:56
Ditsem: Naamsaanpassing
C P du Toit sę:
"Maak absoluut sin. Die naam dek nou ons hele land se nuus en dinge.
..."