wordpress visitor
AfriForum Jeug Kovsies 550 petisies aan UV rektor - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

AfriForum Jeug Kovsies 550 petisies aan UV rektor

Kommentaar (1)

11/10/12

· Redaksie

AfriForum Jeug (AFJ) Kovsies het sowat 550 petisies aan die rektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV), prof. Jonathan Jansen oorhandig. Die petisie hou verband met studente se protes teen die UFS101-eerstejaarsmodule.
In 'n mediaverklaring sê AFJ Kovsies “... hulle het hulself daartoe verbind om op 'n konstruktiewe wyse met die universiteit saam te werk om aandag aan sekere studentekwessies te gee. UFS101 is 'n verpligte module waarin onder meer politiek, geskiedenis en geloofsoortuigings aangeraak word. Onderwerpe in die module soos die betwyfeling van Goddelike ingryping by die slag van Bloedrivier, die gelykstelling van Bloedrivier aan Sharpeville, die skuld wat die Afrikaner vir sy verlede moet dra, die prioritisering van regstellende aksie bo meriete en die debat oor die bestaan van God het die meeste reaksie ontlok.
“Talle studente meen egter dat hul vryheid van assosiasie en uitdrukking onbillik ingeperk word en dat talle gesprekke in die aanbieding van die module studente se menswaardigheid aantas.”
Meer inligting by 084 468 6598 of kovsies@afriforum.co.za. 

Kategorie:

Hennie Venter - 22/10/12 om 09:42:01

Welgedaan!

Lewer kommentaar op Hennie Venter
Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):

Lewer kommentaar op hierdie berig

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

In die nuus

Gesprekke aan die gang

16/06/13 om 11:29:33

“Parlement laat mense in die steek”

Izak du Toit sę:

"Is die parlement net bymekaarkom plek vir "slapende obuus"lede van ons ANC ..."


16/06/13 om 11:15:17

Sasol miljarde rand uit die sak

Izak du Toit sę:

"Is dit maak ook ons belastinggeld wat aangewend word vir brandstof wat ons ..."


16/06/13 om 11:10:12

Beweerde Libiese miljarde vir wapentuig

Izak du Toit sę:

"So ons ondersteun nou ook Al Quada- en hoeveer van die R na Zuma en sy Anc ..."


12/06/13 om 11:04:56

Ditsem: Naamsaanpassing

C P du Toit sę:

"Maak absoluut sin. Die naam dek nou ons hele land se nuus en dinge.
..."