Eskom en Billiton: “Nasionale misdaad”
Kommentaar (0)
11/10/12
· Redaksie
Volgens inligting deur die DA verskaf, betaal BHP Billiton met hul aluminiumsmelterye te Richardsbaai en Mosambiek tans aan Eskom tussen 8,8c en 10c per kilowatt-uur vir elektrisiteit, terwyl gewone Suid-Afrikaners tot 120c betaal. Dit kos Eskom meer as 40c/kWh om elektrisiteit op die wek.
Die kontrak tussen Eskom en Billiton is vir nagenoeg 35 jaar van krag en sowat 1 700 MW is ter sprake, wat beteken dat een maatskappy 7,5% van al Suid-Afrika se krag gebruik en net 3 000 werknemers het. Dit kos Eskom jaarliks sowat R4,8 miljard.
Volgens die kontrak is die prys wat Billiton vir elektrisiteit betaal, gekoppel aan die wisselkoers en die kommoditeitspryse. Mnr. Pieter van Dalen, DA LP wil weet hoe dit kan wees dat 'n Eskom-amptenaar, Mick Davis, namens Eskom die oorspronklike kontrakte vir die goedkoop elektrisiteit kon onderteken, net om kort daarna as direkteur van Billiton aangestel te word.
Mnr. Mario Ambrosini, IVP-LP, het gesê wat met Eskom gebeur is 'n “nasionale misdaad”. Hy sê “Ons bespreek nie die mees fundamentele saak nie – die energiekrisis. Maak die energiekrisis reg en jy maak die werkloosheidskrisis reg.”
Billiton het sy hoofkantoor in Australië, maar gebruik Eskom-krag om tot 90% van sy aluminium te vervaardig.
Lewer kommentaar op hierdie berig













16/06/13 om 11:29:33
“Parlement laat mense in die steek”
Izak du Toit sê:
"Is die parlement net bymekaarkom plek vir "slapende obuus"lede van ons ANC ..."
16/06/13 om 11:15:17
Sasol miljarde rand uit die sak
Izak du Toit sê:
"Is dit maak ook ons belastinggeld wat aangewend word vir brandstof wat ons ..."
16/06/13 om 11:10:12
Beweerde Libiese miljarde vir wapentuig
Izak du Toit sê:
"So ons ondersteun nou ook Al Quada- en hoeveer van die R na Zuma en sy Anc ..."
12/06/13 om 11:04:56
Ditsem: Naamsaanpassing
C P du Toit sê:
"Maak absoluut sin. Die naam dek nou ons hele land se nuus en dinge.
..."