SEB-skroewe stywer aangedraai
Kommentaar (1)
11/10/12
· Redaksie
Die nasionale kabinet het 'n nuwe stel Kodes vir Breë-gebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtiging (BGSEB) goedgekeur, waardeur groter skroewe ingestel word om sg. swart ekonomiese bemagtiging radikaal te versnel.
Die sleutelareas wat die Kodes aanspreek, is: Die generiese telkaart word verminder tot vyf elemente, met Gelyke indiensneming en Bestuursbeheer wat gekonsolideer word, asook Voorkeurverkryging en Ondernemings-ontwikkeling wat saamgevoeg word om Verskaffersontwikkeling te vorm / Die punte vir Eienaarskap word verbreed om aangewese groepe by die hoofpunte in te sluit / Die drempels vir Vrygestelde mikro-onder-nemings (onder R5 miljoen) en Kwalifiserende kleinondernemings (onder R35 miljoen) word aangepas / Alle ondernemings, behalwe Vrygestelde mikro-ondernemings, sal verplig word om te voldoen aan die vyf elemente van die BGSEB-telkaart / Die instelling van die prioriteitselemente: Eienaarskap, vaardig-heidsontwikkeling en verskaffersontwik-keling. Groot ondernemings sal verplig word om aan aldrie prioriteitselemente te voldoen, anders word hulle buite rekening gelaat / Ondernemings wat 100% swart eienaarskap het, sal kwalifiseer as Vlak 1 / Ondernemings met meer as 50% swart eienaarskap, sal kwalifiseer as Vlak 2 / 'n Opgedateerde raamwerk word ingestel vir die akkreditering van BGSEB verifikasie-agentskappe ten einde die Onafhanklike Regulatoriese Vereniging van Ouditeure in te sluit / Vaardigheids-ontwikkelingselemente word opgelyn met die Nuwe Vaardigheidsontwikkelingstrategie / Ondernemings onder R35 miljoen moet voldoen aan alvyf elemente van die telkaart.
Sodra die Kodes deur die Dept. van Handel en Nywerheid in die Staatskoerant afgekondig is, is dit oop vir 'n 60 dae openbare konsultasie-tydperk. Vir meer besonderhede kontak (012) 346 5785 / (012) 346 6745 / (012) 346 6713, of 082 560 6424 of besoek www.compliancehub.co.za.
Carries - 15/10/12 om 10:20:30
Die resep vir rsa se ondergang - crooked standards - onbevoegdes in strategiese poste = mislukking
Lewer kommentaar op CarriesLewer kommentaar op hierdie berig













18/05/13 om 01:12:38
Nuwe Smouswet gekheid
jaap sę:
"Die wet is strydig met die grondwet en daarom ongeldig. Die grondwet bepaal..."
17/05/13 om 11:30:12
Vrystaat Stadion meer leefbaar
J.Meyer sę:
"Solank daar drank te koop aangebied word,en duidelik besope mense toegelaat..."
16/05/13 om 10:02:15
Nog twee plaasaanvalle
Barend Kruger sę:
"Nee, dit moet tot Volksmoord status gedryf word want dit is presies wat dit..."
17/05/13 om 08:28:45
Onrusbarende berigte
FRans Malherbe (Skuilnaam sę:
"Stem saam met Olivier.
Gee my die coordinate, dan kyk ons daarna me..."