Grootste voedings- kongres nóg in Afrika by UV aangebied
Kommentaar (0)
11/10/12
· Redaksie
Met voeding een van die brandpunte in die ontwikkelingskonteks van Afrika, is die grootste voedingskongres wat nog op die vasteland gehou is, vanaf 1- 4 Oktober 2012 op die hoofkampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) aangebied.
Sowat 1 000 kundiges, navorsers, voedingkundiges en beleidmakers oor voeding en voedsel van dwarsoor Afrika en selfs van oorsese lande, het die Afrika Voedingskongres 2012 bygewoon. Voorleggings is gelewer oor die jongste navorsing en ontwikkelings op die gebied van voeding en dieetkunde in Afrika.
Die kongres was 'n gesamentlike wetenskaplike byeenkoms van die 24ste kongres van die Voedingsvereniging van Suid-Afrika, die 12de kongres van die Vereniging vir Dieetkunde in Suid-Afrika en die 5de Afrika-Voeding Epidemiologiese Konferensie.
Die tema van die kongres was Transformasie van die voedingslandskap in Afrika en het voedingkundiges en wetenskaplikes gemotiveer om tot aksie oor te gaan en hulle kennis en vaardighede te gebruik om voeding in Afrika te verbeter.
'n Hoofsessie, asook vyf parallelle sessies, is oor vier dae aangebied en het onderwerpe gedek soos die aanspreek van armoede en voedselonsekerheid, voedselregulerings- en etiketteringskwessies, die voedselindustrie, MIV en voeding, die sportvoedingsbedryf, die voedingsbeheer van nier- en GI-verwante siektes, voedselsekuriteit, moeder- en babavoeding, ens.
“Ons glo dat om as voedingkundiges saam te werk, professionele netwerke versterk word en dat dit ons in staat sal stel om kundigheid en ervaring te deel tot voordeel van almal. Voeding is 'n snelontwikkelende wetenskap waarmee tred gehou moet word ten einde tydige, effektiewe oplossings in die praktyk te vind,” sê dr. Ronette Lategan, voorsitter van die Voedingskongres 2012 en hoof van die UV se Departement Voeding en Dieetkunde.
Vir meer inligting, kan Lategan gekontak word by tel. (051) 401 2894 / 401 3314, of epos nutrition@ufs.ac.za.
Lewer kommentaar op hierdie berig













18/05/13 om 01:12:38
Nuwe Smouswet “gekheid”
jaap sê:
"Die wet is strydig met die grondwet en daarom ongeldig. Die grondwet bepaal..."
17/05/13 om 11:30:12
Vrystaat Stadion meer leefbaar
J.Meyer sê:
"Solank daar drank te koop aangebied word,en duidelik besope mense toegelaat..."
16/05/13 om 10:02:15
Nog twee plaasaanvalle
Barend Kruger sê:
"Nee, dit moet tot Volksmoord status gedryf word want dit is presies wat dit..."
19/05/13 om 06:27:41
Onrusbarende berigte
Carries sê:
"Is daar iemand wat hierdie ko-ordinate kan verskaf ???..."