wordpress visitor
Skaliegas in die Karoo: Seën of vloek? - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

Skaliegas in die Karoo: Seën of vloek?

Kommentaar (0)

11/10/12

· Redaksie

Die ontginning, al dan nie, van skaliegas in die Karoo het die land aan die gons en die argumente daarvoor en daarteen vlieg lustig heen en weer.
Die breë agtergrond is dat steenkool voorsien in sowat 77 % van SA se energiebehoeftes, teenoor die wêreldgemiddeld van 36 % vir elektrisiteitsopwekking. Weens die hoë vlakke van koolstofvrystrelling in die atmosfeer, word SA as een van die wêreld se besoedelingsmuishonde beskou. Daarenteen lê groot volumes van 'n alternatiewe fossielbrandstof vermoedelik onder die SA bodem vasgevang, wat veel minder besoedeling sou veroorsaak.
Skaliegas kom vermoedelik ruimskoots in van die Karoolae voor, wat veel wyer strek as net die Karoo en ook groot dele van die Vrystaat, die voormalige Transvaal en KwaZulu-Natal insluit.  Daar word beraam dat ontginning van skaliegas sowat 300 000 werksgeleenthede kan genereer, met 'n aandeel van tot 3%  in die land se BNP - omtrent dieselfde bydrae as wat die landbou lewer.
Om ontginning egter lonend te maak, moet iets ondergronds gedoen word om die deurlating van die krake en skeure in die rots te verhoog en die proses waarmee dit gedoen word, word “fracking” genoem, oftewel in Afrikaans hidrobreking. Water word in die boorgate ingepomp onder hoë druk van sowat 2 000 kilogram per vierkante sentimeter.
Sou dit slegs om die groot hoeveelhede water gaan, sou die proses veel minder omstrede wees, maar die werklike probleem is dat daar verskillende stowwe by die water gevoeg word, waaronder 'n hele reeks potesieël skadelike chemikalieë en selfs kwik en radio-aktiewe stowwe. Kritici beweer tot soveel as 600 skadelike tipes chemikalieë word gebruik, wat ook insluit uraan, rodium en metanol.
Nog 'n relevante aspek is dat grondeienaars in SA in wese hul “ondergrond” verloor toe die Appélhof beslis het dat die staat nie mineraleregte sonder kompensasie onteien het nie. Agri SA neem dié saak nou na die Grondwethof, wat 'n interessante uitspraak kan oplewer.
Die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (IDC) het aangekondig dat dit R25 miljard oor die volgende vyf jaar beskikbaar stel vir ondernemers wat bydra tot Suid-Afrika se omskakeling na groen energie. Die bronne van groen energie is bykans onbeperk – van stortingsterreine wat metaangas afgee, sonkrag, windkrag, brander- en getykrag, hidroëlektriese krag en vele meer.
Die probleem is die uitleg vir die omskakeling en ook die ontwikkeling van tegnologie wat dié bronne meer lonend maak. Daagliks is daar egter deurbrake. Oor 20 jaar wil die land 42% van sy elektrisiteit deur groen bronne lewer.
 Dit is te vroeg om met stelligheid te sê of die eksplorasie en veral ontginning van skaliegas soveel skade kan inhou soos wat beweer word. Dit sal nog 'n hele paar jaar duur voordat ontginning werklik kan begin en teen daardie tyd sal tegnologie ook al aansienlik gevorder het.
Ten slotte, vier gevolgtrekkings:
Dit lyk of lewende en omgewingsvriendelike ontginning van skaliegas 'n geloofwaardige alternatief tot kragopwekking deur “vuil” steenkoolkragstasies kan bied. 'n Vraag is egter wat van die ontwikkeling van die Medupi en Kusile kragstasies, met Medupi alleen wat na jongste raming teen 2014 sowat R130 miljard gaan kos?
Ontginning van skaliegas in SA, sou dit waarskynlik materialiseer, gaan die ekonomiese, maatskaplike en politieke aangesig van sentraal SA verander – 'n egte spelbreker.
Hoe gaan die ANC-regering die proses van skaliegas in SA “bestuur”? Hulle beskik waarskynlik nie oor die vermoë om dit te bestuur nie, soos blyk uit die gemors wat hulle die afgelope 18 jaar met SA aangevang het as geïndustrialiseerde staat. Die vraag is eerder hoe gaan die geweldige en gevaarlike moontlikheid van grootskaalse korrupsie in die proses bestuur word. Skaliegas hou die potensiaal in van korrupsie wat die wapenskandaal na 'n vulletjie kan laat lyk.
Hoe gaan die waarskynlike radikale effek van ontginning van skaliegas die beoogde vestiging van 'n onafhanklike Boerestaat in die Noord-Kaap beïnvloed?

Kategorie: Omgewing

Lewer kommentaar op hierdie berig

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

In die nuus

Gesprekke aan die gang

24/05/13 om 08:35:45

Op die Markplein

Carries sê:

"wat dan van 'n ou fototjie van hoe die krippe lyk - 'n boer hou da..."


23/05/13 om 03:45:47

Entrepreneurskap as teenvoeter vir werkloosheid

Piet Mulder sê:

"Pragtige idee, maar ek weet van verskeie families wat hulle eie besighede b..."


23/05/13 om 12:03:55

Nuwe boek oor slawe in SA geskiedenis

Jaco de Beer sê:

"Interessant dat dit juis die Engelse was wat probeer het om die "slawe" eti..."


24/05/13 om 08:39:08

Verpolitisering van onderwys

Carries sê:

"wat ek verder wou bysê is dat as die leuen lank genoeg as die waarheid voor..."