VSA: Stryd van die kortbroeke
Kommentaar (0)
12/10/12
· Redaksie
Na die eerste openbare debat tussen pres. Barack Obama en sy Republikeinse teenstander, Mitt Romney, onverwags nuwe lewe in Romney se verkiesingsveldtog geblaas het, was daar ongewoon baie belangstelling in gisteraand se debat tussen die twee vise-presidentskandidate, vise president Joe Bidden en sy uitdager, Paul Ryan.Tradisioneel word die debat tussen die kortbroeke as bykans onbenullig afgemaak, maar na die swaai wat Romney bewerkstellig het, was daar skielik baie belangstelling. Die debat het vier miljoen twiets opgelewer. Kenners is dit eens dat die twee kandidate se stryd baie gelykop was, maar nogtans het ‘n CNN/ORC-peiling aangetoon dat 48% van die kykers gemeen het Ryan het die beste daarvan afgekom, terwyl 44% weer meen Bidden het die botoon gevoer. Die belangrikste nuus vir die Republikeine is dat Ryan verras het met die gemak wat hy buitelandse sake en verdediging, naas binnelandse kwessies soos die ekonomie en aborsies hanteer het.
Kategorie: Internasionale politiek
Lewer kommentaar op hierdie berig













18/05/13 om 01:12:38
Nuwe Smouswet gekheid
jaap sę:
"Die wet is strydig met die grondwet en daarom ongeldig. Die grondwet bepaal..."
17/05/13 om 11:30:12
Vrystaat Stadion meer leefbaar
J.Meyer sę:
"Solank daar drank te koop aangebied word,en duidelik besope mense toegelaat..."
16/05/13 om 10:02:15
Nog twee plaasaanvalle
Barend Kruger sę:
"Nee, dit moet tot Volksmoord status gedryf word want dit is presies wat dit..."
19/05/13 om 06:27:41
Onrusbarende berigte
Carries sę:
"Is daar iemand wat hierdie ko-ordinate kan verskaf ???..."