wordpress visitor
2012 Nobelpryse aangekondig - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

2012 Nobelpryse aangekondig

Kommentaar (0)

12/10/12

· Redaksie

Die beroemde jaarlikse Nobel-pryse vir vanjaar is pas aangekondig, met die Europese Unie wat vanjaar se wenner van die Nobel-vredesprys is. Die Noorweegse komitee het die Unie beloon vir ses dekades se werk ter bevordering van “vrede, versoening, demokrasie en menseregte.” Die prys is onder meer toegeken weens die Unie se rol om stabiliteit in Oos-Europa te bring na die val van die Berlynse muur. Die besluit is eenparig geneem. Die vredesprys in 1999 laas slegs aan ‘n organisasie, en nie ‘n persoon ook nie, toegeken. Die prys het daardie jaar aan Dokters sonder Grense gegaan. Die Nobelprys vir letterkunde gaan vanjaar aan die Chinese skrywer, Mo Yan. Sy naam beteken in Mandaryns “moenie praat nie” en hy is die eerste Chinese skrywer wat die Nobelprys vir letterkunde verower het sedert dit meer as ‘n eeu gelede die eerste keer toegeken is. Sir John B. Gurdon van Brittanje en Shinya Yamanaka van Japan as die wenners van vanjaar se Nobelprys vir Fisiologie en Medisyne aangewys weens werk aan die omskepping van gewone selle in stamselle. Robert J. Lefkowitz en Brian K. Kobilka, beide kardioloë van  die VSA. Serge Haroche van Frankryk en David J. Wineland van die VSA het die fisikaprys verower. Hulle het navorsing gedoen oor die beheer van kwantum-partikels soos atome en elektrone. Die prysoorhandiging aan vanjaar se wenners vind plaas op 10 Desember, Alfred Nobel se sterfdagherdenking.

Kategorie:

Lewer kommentaar op hierdie berig

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

In die nuus

Gesprekke aan die gang

24/05/13 om 08:35:45

Op die Markplein

Carries sę:

"wat dan van 'n ou fototjie van hoe die krippe lyk - 'n boer hou da..."


23/05/13 om 03:45:47

Entrepreneurskap as teenvoeter vir werkloosheid

Piet Mulder sę:

"Pragtige idee, maar ek weet van verskeie families wat hulle eie besighede b..."


23/05/13 om 12:03:55

Nuwe boek oor slawe in SA geskiedenis

Jaco de Beer sę:

"Interessant dat dit juis die Engelse was wat probeer het om die "slawe" eti..."


24/05/13 om 08:39:08

Verpolitisering van onderwys

Carries sę:

"wat ek verder wou bysę is dat as die leuen lank genoeg as die waarheid voor..."