Verskaffers gesoek vir Massmart Groep
Kommentaar (4)
12/10/12
· Redaksie
In ‘n gesamentlike projek deur Empowerment SA en die Mangaung Kamer vir Koophandel & Nywerheid (MKKN) word vervaardigingsverskaffers gesoek om feitlik enige geskikte produkte te verskaf vir die rakke van die Massmart Groep (Makro, Jumbo, Builders Warehouse, Game e.a.) met hul sowat 500 winkels rondom die aardbol. Die produkte kan enige iets insluit van meubels tot voedselprodukte, van elektronika tot speelgoed, van klerasie tot buitelewe, ens. Dit geld groot en klein besighede en, verrassend opwindend, is dat spesifiek nie na die velkleur van verskaffers gekyk word nie. Daar word uitdruklik gesê dat hierdie nie ‘n SEB-projek is nie. Die enigste vereistes is dat ‘n besigheid twee jaar aan die gang moet wees, aan standaard wetlike vereistes moet voldoen en dat die sake van die besigheid by die SA Inkomstediens in orde moet wees. Dit is ‘n nasionale projek, maar het ook ‘n spesifieke Vrystaatse fokus, ook wat betref die platteland. In hierdie opsig is bv. al verskeie Vrystaatse dorpe besoek ten einde verskaffers te werf. Potensiële verskaffers word op ‘n spesiale databasis geregistreer, waar nog allerlei geleenthede vir ontwikkeling is. Opleiding vir klein besighede is ook beskikbaar om hul behoorlik te rat as verskaffers aan hierdie mega winkelgroep. Hierdie moet gesien word as ‘n uitsonderlike geleentheid vir veral klein besighede wat wil groei. Meer besonderhede is beskikbaar by www.empowermentsa.co.za, of skakel 051 447 3368 of epos president@bcci.co.za, of sel. 072 627 5060, of epos mphuthi@empowermentsa.co.za.
Johann - 13/10/12 om 11:29:58
Die grootste probleem wat ons in Suid Afrika beleef as verskaffers lê opgesluit in die laaste 7 letters van die woord. Dis makliker om ons rou-materiaal China toe te stuur....en die finale produk terug in te voer!!
Lewer kommentaar op JohannArmando - 13/10/12 om 11:56:11
Dat die uitvoer van roustowwe om dit daarna in 'n verwerkte vorm in te voer 'n probleem is, is waar, maar dis ook een wat 'n baie lang pad saam met ons kom. Daar is egter ook die werklikheid, naamlik dat ons nie altyd die middele en die opgeleide hande het om die verwerking self te doen nie.
Lewer kommentaar op ArmandoJohann - 13/10/12 om 12:58:32
Armando, weer eens is jy reg. Dit wat jy beskryf word "gebrek aan potensiaal" genoem. Kan nie verwerf word nie, kan nie aangeleer word nie, kan nie gekoop word of geskenk word nie. As jy GEEN potensiaal het nie, SAL jy nooit hê wat nodig is om 'n spesifieke standaard of uitkoms te behaal of verwerf nie. Ek het probeer om 'n groep van 150+ "hande" opgelei te kry om suksesvol te wees in wat hulle wou doen....en ek het klaaglik gefaal, want toe ek hulle vir die 1000ste keer dieselfde "opleiding" moes gee na 15 jaar in my diens, het ek besef: 'n baie klein gedeelte van die populasie kan werklike opgelei word, die res kan net afgerig word, en die proses is nimmereindigend. Dus sal jy nooit by die punt van "sukses" uitkom nie, jy sal net vir ewig besig wees met opleiding. En as jy nooit by daai punt uitkom nie, as gevolg van die gebrekkige of afwesige potensiaal van diegene wat jy oplei, sal hulle teen jou draai en JY sal verantwoordelik gehou word vir hulle gebrek aan potensiaal!!!! Dis soos om die pen te blameer vir die spelfoute in jou opstel.
Lewer kommentaar op JohannCarries - 15/10/12 om 09:28:50
Kan dit wees dat daar nog 'n multinasionale besigheid is wat bereid is om produkte aan te koop doodeenvoudig gebaseer op eerlike en openlkie besigheidsbeginsels in plaas van BEEEEEEEEEEEEE (gemors)
Lewer kommentaar op CarriesLewer kommentaar op hierdie berig













24/05/13 om 08:35:45
Op die Markplein
Carries sê:
"wat dan van 'n ou fototjie van hoe die krippe lyk - 'n boer hou da..."
23/05/13 om 03:45:47
Entrepreneurskap as teenvoeter vir werkloosheid
Piet Mulder sê:
"Pragtige idee, maar ek weet van verskeie families wat hulle eie besighede b..."
23/05/13 om 12:03:55
Nuwe boek oor slawe in SA geskiedenis
Jaco de Beer sê:
"Interessant dat dit juis die Engelse was wat probeer het om die "slawe" eti..."
24/05/13 om 08:39:08
Verpolitisering van onderwys
Carries sê:
"wat ek verder wou bysê is dat as die leuen lank genoeg as die waarheid voor..."