Goeie weervoorspelling
Kommentaar (1)
22/10/12
· Redaksie
Dit is onder die aandag van DitsemBlits gebring dat uitstekende weervoorspellings vir SA verskaf word deur die Noorweegse Weerdiens. Indien die skakel hieronder oopgemaak word, word uitgekom op ‘n opsommende blad vir die Vrystaat wat drie dae se voorspelling gee.
http://www.yr.no/place/South_Africa/Free_State/. Dit gee van die groter dorpe aan en indien op die dorp / stad se naam gekliek word kan ‘n mens basies sien hoe laat dit hoeveel op watter van die volgende drie dae gaan reën. Dit is dus veel akkurater as die SA Weerdiens, maar natuurlik ook nie foutloos nie. Trouens, as ‘n mens die lewende kaart regs volg, kan gesien word hoe die wolkformasies die volgende drie dae gaan beweeg. Op die kaart kan ook op dorpe wat nie op die hooflys is nie, gekliek word en dan dieselfde data daarvoor verkry word. Die betrokke dorp word dan ook “gefavourite.” Die hoofwebwerf maak uiteraard ook vir die ander SA provinsies voorsiening.
Kategorie: Omgewing
Koos van Antwerpen - 24/10/12 om 09:07:05
Dit is inderdaad so. Radio Orania gebruik YR.No (die Noorse weerstasie) al vir seker langer as 3 jaar in ons weervoorspellings, en hulle is net uitstekend. Gaan kyk gerus. Hulle sę letterlik alles wat jy wil weet vir enige dorp op die aardbol. As jou dorp of dorpie 'n naam het, het hy 'n weervoorspelling. 100% gratis verniet.
Lewer kommentaar op Koos van AntwerpenLewer kommentaar op hierdie berig













24/05/13 om 08:35:45
Op die Markplein
Carries sę:
"wat dan van 'n ou fototjie van hoe die krippe lyk - 'n boer hou da..."
23/05/13 om 03:45:47
Entrepreneurskap as teenvoeter vir werkloosheid
Piet Mulder sę:
"Pragtige idee, maar ek weet van verskeie families wat hulle eie besighede b..."
23/05/13 om 12:03:55
Nuwe boek oor slawe in SA geskiedenis
Jaco de Beer sę:
"Interessant dat dit juis die Engelse was wat probeer het om die "slawe" eti..."
24/05/13 om 08:39:08
Verpolitisering van onderwys
Carries sę:
"wat ek verder wou bysę is dat as die leuen lank genoeg as die waarheid voor..."