Moontlik einde van België
Kommentaar (0)
22/10/12
· Redaksie
Na afloop van die munisipale verkiesings in België is die kwessie van dié staat se voortbestaan opnuut onder die loep. Bart de Wever se Nieuw-Vlaamse Alliantie (N-VA), het nie net baie goed gevaar nie, hy het die burgemeestersverkiesing in Antwerpen gewen wat 60 jaar lank in die Sosialiste se hande was. De Wever het nou ‘n “ultimatum” aan die Belgiese premier, Elio di Rupo gerig: “Onderhandel oor twee soewereine state – Vlaandere en Wallonië - of dit word in 2014 ‘n verkiesingskwessie wanneer die Belge algemene verkiesing hou.” Di Rupo, ‘n Franssprekende Belg, meen hierdie was bloot munisipale verkiesings, en die kiesers het nie ‘n stem uitgebring oor hul voorkeur vir die voortbestaan al dan nie van België. Die Franssprekende Wale word jaarliks met miljarde euro’s deur die meer welvarende Vlaminge gesubsidieer. Di Rupo maak egter geen geheim van waarheen hy met sy party onderweg is nie. “Laat België rustig tussen die Europese Unie en die deelstate verdamp. Daaroor sal ek geen traan stort nie,” sê hy. Min of meer dieselfde het met die voormalige Tsjeggo-Slowakye gebeur wat ontbind het en as twee lidstate by die Europese Unie aangesluit het.
Kategorie: Internasionale politiek
Lewer kommentaar op hierdie berig













24/05/13 om 08:35:45
Op die Markplein
Carries sê:
"wat dan van 'n ou fototjie van hoe die krippe lyk - 'n boer hou da..."
23/05/13 om 03:45:47
Entrepreneurskap as teenvoeter vir werkloosheid
Piet Mulder sê:
"Pragtige idee, maar ek weet van verskeie families wat hulle eie besighede b..."
23/05/13 om 12:03:55
Nuwe boek oor slawe in SA geskiedenis
Jaco de Beer sê:
"Interessant dat dit juis die Engelse was wat probeer het om die "slawe" eti..."
24/05/13 om 08:39:08
Verpolitisering van onderwys
Carries sê:
"wat ek verder wou bysê is dat as die leuen lank genoeg as die waarheid voor..."