wordpress visitor
DA oor korrupsie in VS-regering - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

DA oor korrupsie in VS-regering

Kommentaar (1)

22/10/12

· Redaksie

Tydens ’n chaotiese byeenkoms in die Vrystaatse Wetgewer – daar was nie genoeg ANC-lede om ’n kworum vir ’n wettige sitting te vorm nie – het die leier van die DA in die Wetgewer, Roy Jankielsohn, die provinsiale regering ‘n “netwerk van misdaadsindikate” genoem wat die armes nóg armer maak weens grootskaalse korrupsie. Die indien van die jaarverslae van provinsiale staatsdepartemente is summier opgeskort omdat daar nie ’n kworum was nie. Jankielshohn het ’n lys van korrupsie en allerhande onwettighede deur amptenare voor die deur van premier Ace Magashule, sy kabinet en die ANC-regering gelê en verder gesê: “Die burgemeester van Setsoto word genoem in sake wat insluit onwettige vuurwapens, moordlyste en intimidasie. Dit word beweer op grond van pogings deur senior politici in die provinsie om hierdie bendebedrywighede te verdoesel. Sedert premier Ace Magashule beheer in die provinsie oorgeneem het, is senior politici betrek by onder meer ontwettige eiendomstransaksies, onbehoorlike en opgeblase kommunikasiekontrakte en skandalige verhuringsooreenkomste. Tenderpreneurs en kaderpreneurs is in die Vrystaat ook besig om pres. Jacob Zuma geldelik te ondersteun,” aldus Jankielsohn.

Kategorie: Korrupsie

Pieter - 22/10/12 om 08:54:11

As Jankielsohn so ootuig is van sy beskuldigings wonder ek of hy sake by die polisie aangemeld het. Indien nie - warm lug.

Lewer kommentaar op Pieter
Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):

Lewer kommentaar op hierdie berig

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

In die nuus

Gesprekke aan die gang

16/06/13 om 11:29:33

“Parlement laat mense in die steek”

Izak du Toit sę:

"Is die parlement net bymekaarkom plek vir "slapende obuus"lede van ons ANC ..."


16/06/13 om 11:15:17

Sasol miljarde rand uit die sak

Izak du Toit sę:

"Is dit maak ook ons belastinggeld wat aangewend word vir brandstof wat ons ..."


16/06/13 om 11:10:12

Beweerde Libiese miljarde vir wapentuig

Izak du Toit sę:

"So ons ondersteun nou ook Al Quada- en hoeveer van die R na Zuma en sy Anc ..."


12/06/13 om 11:04:56

Ditsem: Naamsaanpassing

C P du Toit sę:

"Maak absoluut sin. Die naam dek nou ons hele land se nuus en dinge.
..."