Openbare Beskermer gaan Zumaville ondersoek
Kommentaar (1)
22/10/12
· Redaksie
Die Openbare Beskermer (OB) het aan AfriForum bevestig dat pres. Jacob Zuma se beweerde magsmisbruik met betrekking tot die Umlalazi Smart Growth Centre (beter bekend as Zumaville), ondersoek sal word. Hierdie ondersoek, wat volg op ʼn klag wat deur AfriForum ingedien is, sal waarskynlik met die ondersoek na Zuma se Nkandla-woning gepaardgaan. ‘n Mediaverklaring van AfriForum lui verder: “Hierdie luukse “dorp”, wat sowat 3 km van die president se huis gebou sal word, word deur die regering voorgehou as ʼn inisiatief om landelike veiligheid aan te spreek. Na verwagting sal die projek meer as R2 miljard kos, waarvan belastingbetalers die helfte sal moet opdok. Hierdie projek word in samewerking met die landelike ontwikkelingsorganisasie, Masibambisane, uitgevoer. Zuma is die voorsitter van Masibambisane. Dit is duidelik dat Zuma in sy persoonlike hoedanigheid groot voordeel uit hierdie projek sal trek. Die OB is gevra om ondersoek in te stel aangesien die omstandighede op ʼn misbruik van mag deur die president neerkom.” Inmiddels wil dit voorkom asof benewens die R2 miljard wat begroot is vir Zumaville, ‘n bedrag van R240 miljoen gespandeer word op die persoonlike woning van Zuma te Nkandla.
johan Steyn - 22/10/12 om 12:35:15
Hoop sy kry haar verslag klaar voordat hulle van haar ontslae raak - soos hulle met almal doen wat nie korrupsie aanhang nie.
Lewer kommentaar op johan SteynLewer kommentaar op hierdie berig













16/06/13 om 11:29:33
“Parlement laat mense in die steek”
Izak du Toit sę:
"Is die parlement net bymekaarkom plek vir "slapende obuus"lede van ons ANC ..."
16/06/13 om 11:15:17
Sasol miljarde rand uit die sak
Izak du Toit sę:
"Is dit maak ook ons belastinggeld wat aangewend word vir brandstof wat ons ..."
16/06/13 om 11:10:12
Beweerde Libiese miljarde vir wapentuig
Izak du Toit sę:
"So ons ondersteun nou ook Al Quada- en hoeveer van die R na Zuma en sy Anc ..."
12/06/13 om 11:04:56
Ditsem: Naamsaanpassing
C P du Toit sę:
"Maak absoluut sin. Die naam dek nou ons hele land se nuus en dinge.
..."