wordpress visitor
Watersituasie op Vrystaatse dorpe haglik - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

Watersituasie op Vrystaatse dorpe haglik

Kommentaar (0)

24/10/12

· Redaksie

Die volgende groot oorlog gaan oor water wees – nie oor ’n tekort nie, maar weens swak bestuur. Só sê Koos Pienaar, VF-Plus-raadslid van die Masilonyana Munisipaliteit, wat Theunissen, Winburg en Brandfort dek. Op Theunissen is die filters wat inwoners weke lank sonder water gelaat het, uiteindelik herstel, maar kom onderbrekings steeds gereeld voor. Intussen gaan parke, gholfbane en rolbalbane tot niet en dreig sakelui om die dorp te verlaat. Op Winburg het inwoners steeds waterbeperkings omdat die opgaardamme bykans opgedroog het. Brandfort het kronies ’n waterkrisis weens swak bestuur, verouderde toerusting en vrot waterpype. Dit blyk daar is skaars ’n enkele meter van die pypleiding wat nie vol gate is nie. Op Koppies is daar gereeld geen water nie – die infrastruktuur is oud en die wateraanleg is nooit vergroot om in die groeiende aanvraag te voorsien nie. Op elk van Clocolan, Marquard en Senekal woed reeds vir maande ’n waterkrisis - inwoners is raadop en besighede ly mateloos skade.

Kategorie: Dienslewering

Lewer kommentaar op hierdie berig

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

In die nuus

Gesprekke aan die gang

23/05/13 om 12:03:55

Nuwe boek oor slawe in SA geskiedenis

Jaco de Beer sę:

"Interessant dat dit juis die Engelse was wat probeer het om die "slawe" eti..."


23/05/13 om 03:13:42

Verpolitisering van onderwys

Ben Hayes sę:

"Die derduiwel van apartheid .... as die kalwers die koeie uitsuip omdat on..."


23/05/13 om 01:52:43

“Regstellende” wette ondermyn werkskepping

C. Visser sę:

"Daar is baie ander redes vir werkloosheid. In ons dorp dien verpleegperson..."


23/05/13 om 03:09:55

Cosatu vra sanksies teen blanke boere

abc sę:

"dit gaan nie hier oor indiwiduele regte nie. dis n indirekte benadering om ..."